Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 15th April 2026

Rula Agri bring veerkragtigheid en innovasie na NAMPO 2026

By 3 min read
543 words

Rula_CC_April2026

In ’n tyd waar boerdery toenemend onder druk is weens klimaatsverandering, verhoogde insetkoste en markonsekerheid, word die vermoë om aan te pas en vooruit te dink belangriker as ooit. Dit is juis waarom NAMPO Oesdag 2026 se tema, “Veerkragtigheid deur innovasie”, so relevant is vir die moderne boer.

Vir Rula Agri is hierdie tema nie net ’n slagspreuk nie, dit is die fondament van hul benadering tot die landboubedryf. Met ’n fokus op praktiese, pasgemaakte oplossings wat boere help om meer doeltreffend en volhoubaar te boer, bring Rula Agri vanjaar weer ’n indrukwekkende reeks implemente en toerusting na NAMPO.

Boere wat Rula Agri se standplaas besoek, kan eerstehands ervaar hoe tegnologie en eenvoudige, robuuste ontwerp hand aan hand gaan om produktiwiteit te verhoog en insetkoste te optimaliseer.

Wat kan boere van Rula Agri verwag by NAMPO?

Rula Agri se uitstalling fokus op toerusting wat ontwerp is om presisie, veelsydigheid en grondgesondheid te bevorder, produkte wat tydens NAMPO deur die Rula Agri-span aan boere tentoongestel gaan word, sluit in:

  • Camelback pre-planter: Die Rula Agri Camelback is ‘n veelsydige en kompakte pre-planter wat ontwerp is vir presisie-landbou onder Suid-Afrikaanse toestande. Dit is ideaal vir gebruik as pre-planter, planter en strip-till-toerusting, en staan bekend as een van die mees veelsydige implemente in sy klas.
  • Ferto 12-reeks (kunsmiswa): ’n Betroubare oplossing vir doeltreffende vervoer van jou kunsmis, ontwerp om boere se staantyd en arbeidskostes te verminder.
  • Topdress tool-eenheid: Geskik vir presiese toediening van voedingstowwe tydens kritieke groeistadiums, wat optimale opbrengs ondersteun.

  • 12-ry Stackfold-raam met nuwe strip-till-eenhede: ’n Innoverende oplossing wat grondversteuring beperk terwyl dit steeds effektiewe saadbedvoorbereiding en voedingstofplasing verseker.

  • Mintill-planter (8-ry) met korrelkunsmis-toediening: Kombineer plant en bemesting in een werking, wat tyd bespaar en operasionele doeltreffendheid verhoog. Hierdie planter beskik ook oor ’n in-huis ontwikkelde grondkontakbeheer (downforce), wat konsekwente saadplasing en optimale ontkieming verseker.
  • Inlyn kalk-toediener: Ontwerp om kalk effektief in die grondprofiel in te werk en sodoende grondgesondheid en pH-balans te verbeter om jou suurlaag probleem direk aan te spreek, deur jou kalk presies te plaas waar dit nodig is.

Die inlyn kalk-toediener het drie tande, wat die kalk op die verskillende vlaktes inlyn toedien.

  • Hoëvloei-uitmeeteenheid: Nog een van Rula Agri se produkte waaroor hulle baie opgewonde en trots is, wat by NAMPO vanjaar sal wees, is hulle hoëvloei-uitmeeteenheid, wat tot en met 500 kg kunsmis per ha kan neersit. Alle kunsmis-sisteme van Rula Agri kan gemonteer word met die hoëvloei-uitmeeteenheid.

Elke implement in die Rula Agri-reeks is ontwikkel met die boer in gedagte, nie net om werk gedoen te kry nie, maar om dit slimmer, vinniger en meer volhoubaar te doen.

Innovasie wat sin maak op die plaas

Rula Agri se filosofie is eenvoudig: innovasie moet prakties wees en werklike waarde toevoeg. Dit beteken oplossings wat aangepas kan word volgens elke boerdery se unieke behoeftes, of dit nou grondtipe, gewasse of produksiedoelwitte is.

Kom kuier by Rula Agri tydens NAMPO

Boere word uitgenooi om tydens NAMPO by die Rula Agri-span aan te sluit by standplaas nommer H2, waar hulle meer kan leer oor die toerusting en hoe dit spesifiek aangepas kan word vir hul eie boerderypraktyke. Gesels met die span, deel jou uitdagings en ontdek hoe Rula Agri se oplossings jou kan help om jou boerdery na die volgende vlak te neem.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0