RPO Voorsitter is veeprodusent van die jaar

rpo
GWK, die Suid-Afrikaanse agri-onderneming wat aan boere behoort, het die wenners van sy jaarlikse GWK Ikone aangewys, ‘n viering van die leiers in die landboubedryf.
Mnr Koos van der Ryst van die Koopmansfontein-omgewing is as die veeprodusent van die jaar aangewys in erkenning van sy uitstekende boerderypraktyke. Hy het meer as 1 000 beeste vir vleisproduksie gelewer.
Die jaarlikse eretoekennings gee erkenning aan boere, rolspelers in die bedryf, personeel en GWK se vennote vir hulle pogings en bydrae tot die bedryf en die rol wat hulle in voedselproduksie, skeppingskrag en ekonomiese groei van die sektor speel.
GWK Ikone salueer vooruitgang in die bedryf en gee so erkenning aan mense wat die bedryf na die toekoms lei deur te weier om die gegewe aanvaar en die moed het om hulle werkswyses so te verander dat beter ondernemings gebou word, meer werksgeleenthede geskep word en om die voedsel te voorsien wat Suid-Afrika se mense nodig het.
Bron: RPO Bulletin