Categories: NewsPublished On: 11th July 2011

Royal-Bafokeng-verkoop-sy-Senwes-aandele

By 1 min read
123 words
Royal Bafokeng Agri Investments gaan sy 17% aandeelhouding in Senwes beëindig deur dit aan Senwesbel Bpk te verkoop. Eersgenoemde het die aandele vyf jaar gelede verkry as deel van ‘n swartbemagtigingstransaksie.
 
Volgens Senwes word die aandele teen markwaarde verkoop.
 
Indien die transaksie suksesvol deurgevoer word sal Senwesbel 58% van die uitgereikte aandele in Senwes Bpk hê.
 
“Senwes waardeer die rol en waarde wat die Royal Bafokeng gedurende die afgelope jare tot Senwes se besigheid toegevoeg het en beskou die transaksie as die eerste werklike suksesvolle swart bemagtiging in die landbousektor. Buitengewone waarde is vir ons vennote geskep met gepaardgaande voordele wat na al ons belanghebbendes gevloei het,” het Francois Strydom, besturende direkteur van Senwes, gesê.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0