Roodekop–fabrieksbase-met-die-hande-in-die-hare
![]() |
Fabrieke in die Roodekop-omgewing aan die Rand het verlede maand miljoene rande se verliese gely weens kragonderbrekings. Die onderbrekings kom blykbaar al heel jaar voor maar het in Junie ernstige afmetings begin aanneem.
Een van die ondernemings wat deurloop is DPI Plastics wat onder meer ook pype en koppelstukke aan die landbou lewer. Die onbetroubare kragvoorsiening het hulle reeds meer as ses miljoen rand uit die sak gejaag.
Die pypvervaardiger se 570 kW-kragopwekker help om die toestand te verlig maar die fabriek benodig drie MW vir sy normale bedrywighede.
‘n Direkteur, Kallie Albertse het gesê dat indien die vervaardigingsproses onderbreek word deur dat die kragvoorsiening hulle in die steek laat, hulle baie van die materiaal moet weggooi, wat die skade nog soveel te meer maak.
Die fabrieke van Roodekop blameer die Ekurhuleni-Munisipaliteit vir die kragonderbrekings. Mnr Alberts het gesê dat indien die toestand nie dringend uitgesorteer word nie sal dit tot werksverliese lei en sal die ondernemings hulle elders gaan vestig waar hulle op meer betroubare kragvoorsiening kan reken.