The Revenant blaas nuwe lewe in die legendariese Loire-versnit

Waterkloof Winemaker Nadia Barnard with estate owner Paul Boutinot LR
’n Nuwe wyn is gebore, maar dis een met ’n lang, trans-kontinentale geskiedenis. The Revenant 2017 is ’n Sauvignon- en Chenin blanc versnit, wat heel beduidend die hergeboorte weerspieël van ’n legendariese versnit, wat destyds faam na die Loire in Frankryk gebring het en nou weer die uitmuntendheid van Suid-Afrika se Schapenberg- en Helderberg wingerde tot uiting bring.
Die hange van hierdie twee areas, wat Atlanties-front en oor Valsbaai uitkyk, is lank reeds die bron van Sauvignon- en Chenin blanc druiwe wat in van die Kaap se voorste wyne gebruik word. Dit was ’n versnit van hierdie spesifieke variëteite wat destyds die wêreld se aandag op die Loire gefokus het, voor die gewildheid na enkelwingerd-wyne verskuif het.
The Revenant word vir False Bay Vineyards by Waterkloof produseer en ’n groot gedeelte van die druiwe kom van sy eie wingerd. Die wêreldbekende landgoed lê in die episentrum van die terroir waarin hierdie variëteite floreer. Dit was tyd om die Loire-tradisie te vier. Dit was tyd vir The Revenant.
Die versnit het ’n spesiale verbintenis met Waterkloof – dit was die eerste witwyn wat die eienaar, Paul Boutinot, in Frankryk gemaak het. Dit was die dae voor Waterkloof; die dae toe die wyn bloot Cuvée Jean Paul genoem is.
Dit is op die tradisionele metode gemaak – met spontane wilde gisting en toe sagkens verfyn met minimum inmenging. Sedertdien het Paul se wynmaak-filosofie nooit getaan nie – ongeag of hy nou in Frankyk of in Suid-Afrika wynmaak. Die tradisie staan sterk: die wen-versnit is Sauvignon- en Chenin blanc.
Daarna het Paul se pad hom na Suid-Afrika gelei, waar hy in 1994 False Bay Vineyards gestig het en later in 2004, sy biodinamiese wingerd, Waterkloof.
Nou word tradisies herontdek. Jong wynmakers keer terug na die beste van die ou metodes. Dit is ’n renaissance en erkenning van die belangrikheid van natuurlike gebalanseerde druiwe; van minimale inmenging-wynmaak; van ou hout, sementtenks en die prag van ’n versnit.
The Revenant is die verpersoonliking van hierdie tradisie se hergeboorte en die gees van die ‘nuwe golf” Suid-Afrikaanse wyne.
Vir meer inligting oor Waterkloof, besoek www.waterkloofwines.co.za of volg @WaterkloofWines op Facebook en Twitter.
Uitgereik deur: Random Hat Communications


Waterkloof wynmaker,Nadia Barnard.