Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 27th October 2022

ReMaCon stel bekend: Onderhoudsvrye betonwaterkrippe vir jou vee

By 3 min read
563 words

remacon 1

ReMaCon se splinternuwe produk, betonwaterkrippe, gereed vir jou plaas

Min dinge in die lewe is so lekker as om te sien hoe vee diep teue lekker koel, vars water uit ՚n skoon, stewige krip drink. Watervoorsiening aan vee in veldkampe is een van die belangrikste aspekte in enige boerdery. Veral in die droër gedeeltes van ons land soos die Karoo en Kalahari, is water die enkele belangrikste oorlewingsmiddel vir mens en dier.

Boere gebruik dikwels enigiets wat water kan hou as krippe in hulle kampe: ou baddens, groot plastiek- of staalbakke, selfgemesselde krippe, noem maar op … en dit lek, breek, val om, roes of die beeste breek knaend die toevoerklep af.

Geen wonder dat boere ReMaCon, die vindingryke vervaardigers van YFEL-bunkerboublokke en gewilde betonvoerkrippe, gevra het om ook betonwaterkrippe te vervaardig nie.

ReMaCon is die trotse vervaardiger van betonstrukture. “Ons het eers die betonvoerkrippe bekendgestel, wat baie gewild is onder boere en die lewendehawemark,” sê Silvio Ferraris, besturende direkteur van ReMaCon.

“Ek is baie opgewonde oor ons betonwaterkrippe. Op hierdie stadium vervaardig ons slegs een standaardgrootte. Na die bekendstelling van die produk en soos navrae toeneem, sal ons die groottes daarvolgens aanpas en ons reeks uitbrei.”

Die betonkrippe word ook as standaard toegerus met betondeksels om jou kleppe te beskerm teen sonverwering en vernielsugtige diere. Die deksel kan ook afgehaal word om meer drinkruimte vir die vee te maak.

ReMaCon se waterkrippe word tans in ՚n standaardgrootte vervaardig. Die krip is 2,5 meter lank, 500 mm breed, 300 mm hoog en hou 350 liter water. Die betondeksel bo-op die krip is 500 mm breed, 650 mm lank en 80 mm dik met twee gleuwe om die deksel mee op te lig. Dit beskerm die balklep honderd persent teen baldadige diere.

“Die water kan uit die betonkrip getap word met ՚n 32 mm inskroef­prop aan die kant van die krip, en weer volgemaak word met die beheer van ՚n balklep of kraan,” voeg Silvio by.

 Voordele van die betonwater­krippe:

  • Die skuins en gladde afwerking, asook die ronde hoeke aan die binnekant van die krip maak die skoonmaakproses makliker.
  • Min onderhoud.
  • Die krip is sterk en duursaam.
  • Geskik vir talle soorte vee en wild op die plaas.
  • Die krippe word nie deur weersom­standighede beïnvloed nie.
  • Vee kan nie die krippe beskadig, verskuif of vervorm nie (die krip weeg 818 kg).
  • Diere drink met gemak.
  • Die beton hou die water koel in die somer, waar plastiek- en rub­berkrippe baie hoë temperature bereik.
  • Die krippe roes nie en sal enige ander tipe krip oorleef.
  • Die krippe word nie beskadig tydens veldbrande nie.
  • Die krippe het betondeksels wat die klep teen sonverwering en bal­dadige diere beskerm.
  • Die betondeksel kan ook afgehaal word om meer drinkruimte vir die vee te maak.

“Soos met al ons ander produkte, is ons betonwaterkrippe verskuifbaar. Die krippe kan verskuif word met hangstroppe,” verduidelik Silvio.

ReMaCon is toegewyd daartoe om duursame en langdurende produkte aan boere te bied. Stuur jou navraag vandag nog om ՚n prysopgawe te ontvang. Sodra die nodige prosesse afgehandel is, kan jy jou produkte by hulle fabriek gaan afhaal, of alternatiewelik kan vervoer­reëlings getref word.

 Die ReMaCon-span is baie opgewonde oor die amptelike bekendstelling van hulle betonwaterkrippe. Vir enige navrae of om jou betonwaterkrip van­dag nog te bestel, kontak vir Stephnie du Plessis by 082-781-1596. Besoek ook hulle webwerf by https://remacon.co.za  om meer uit te vind oor hulle wye verskeidenheid betonprodukte.

0

Deel hierdie artikel.

2 Comments

  1. Willem P Oosthuizen 1st December 2022 at 15:25 - Reply

    Meer info oor krip asb

    • Benine Ackermann 5th December 2022 at 13:49 - Reply

      Vir enige navrae of om jou betonwaterkrip van­dag nog te bestel, kontak vir Stephnie du Plessis by 082-781-1596. Besoek ook hulle webwerf by https://remacon.co.za om meer uit te vind oor hulle wye verskeidenheid betonprodukte.

Leave A Comment

0