Categories: Mechanisation, NewsPublished On: 23rd November 2021

Reinke-spilpunte: Lig soos ‘n veer, sterk soos ‘n bees

By 4 min read
812 words

dhbjhd

Sterker beteken nie noodwendig swaarder nie. Die somme lieg nie: As jy hoësterkte staal kombineer met hoëgehalte ingenieurswerk, maak jy ՚n besproeiingstelsel wat minder weeg, maar sterk en taai is om lank te hou. Ja, Reinke-spilpunte lyk anders, maar jy verstaan die verskil sodra die werksverrigting begin praat!

Reinke se bestaansrede is om kliënte se verwagtinge van gehalte, diens en vernuwing te oortref. Reinke is steeds ՚n familiesaak, dus word daar baie klem gelê op dienslewering en om die kliënt eerste te stel sodat hy die beste naverkoopervaring kan geniet.

“Sedert 1968 is doelgerigte anderswees die kern van al Reinke se besproeiingstelsels, daarom is ons die eerste keuse van boere wêreldwyd,” sê Paul van den Berg, tegniese diensingenieur van Reinke. “Ons hoofdoel by Reinke is om sterkte by te voeg sonder om gewig te vermeerder, en om doeltreffendheid te verbeter sonder om in te boet op duursaamheid.”

Reinke skep besproeiingstelsels met werksverrigting wat boere se verwagtinge oortref, van die basis van die spilpunt tot die verste oorhang se waterkanon.

“Ons is trots daarop om die bedryf se leiers te wees in die verhouding van die sterkte tot gewig. Alles verander met die gebruik van hoësterkte- en lae-allooistaal. Ons kritieke strukturele komponente soos die waterpype, toringbasis, toringbene, ankerstange en die ander onderdele word radikaal ligter, beweegliker, maar ook sterker. Hierdie ontwerp maak van ՚n andersins starre lomp spilpunt ՚n ligte, lenige, soepel Reinke met brugagtige spanne wat buig waar dit moet en sterk staan teen alle bedreigings van wind en terrein,” verduidelik Paul.

Die hoësterkte staal wat in Reinke-spilpunte en laterale besproeiingstelsels gebruik word, kan tot sowat vyftig ersent sterker wees en tot twintig persent minder weeg.

“Ons haak-en-gryper koppeling is enig in sy soort, maar so is Reinke ook,” sê Paul.

՚n Reinke-besproeiingstelsel weeg minder, wat beteken daar is minder spanning op die aandryfstelsel, minder vassitprobleme in modderlande en vlakker spore.

Flottasie soos geen ander

Die voordeel van ՚n ligter spilpunt beteken dat hy ligvoets oor die modderland beweeg en minder aandrywingskrag nodig het. Dit verseker ՚n veel langer lewe van ratkaste, motors en aste.

“՚n Reinke Electrogator II- stelsel verminder die spilpunt se gewig met onnodige tonne wat die grond sou kompakteer. Aangesien ՚n spilpunt wat vassit of wielspore wat opgevul moet word tyd roof wat vir ander werk gebruik kon word, bespaar ՚n Reinke jou baie tyd oor sy leeftyd,” verklaar Paul.

“Toe Reinke die eerste Electrogator in 1968 bekendgestel het, was dit met ՚n tweebeentoring gebou. Kort daarna het ons die enkelbeentoring ontwerp en sedertdien voortgebou op daardie vernuwende pad,” sê Paul.

Die gevolge was:

  • ՚n Wyer toringbasis vir meer stabiliteit
  • Meer spanning word by die toring geabsorbeer sodat dit nie regstreeks aan die waterpyp oorgedra word nie
  • Verminderde metaaluitputting van die onderdele wat die leeftyd van die stelsel verleng
  • Minder steurende strukture verbeter die watertoediening by die toring en lei tot minder versteuring van hoë gewasse
  • Verbeterde flottasie vir beter werkverrigting.

“Saam met die breër basis wat meer stabiliteit verskaf en die gewig van die span verminder, het ons ook die swaartepunt van die spilpunt verlaag sodat dit beter windweerstand bied in uiterste weersomstandighede,” vertel Paul.

Baie dinge kan gedoen word om flottasie te verbeter. Dit is veral belangrik as jy ՚n modderige grondstruktuur het. Reinke se haak-en- gryperskakel wat binne-in die pyp by die spilpunt se senter geplaas is, stel die pyp daartoe in staat om te draai. Dit verseker maksimum soepelheid oor enige uitdagende terrein. Selfs wanneer die span effens moet rol, sal dit nie die belyning beïnvloed nie. Die interne koppeling laat die huls daarrondom toe om te buig sonder om uit te rek en dra dus by tot ՚n langer leeftyd.

Slimmer toringsteunontwerp

“Hoe meer spanning weg van die waterpyp gelei word, hoe beter. Die 25,4- millimeter deursnee versinkte versterkers is aan die onderkant van die stut geheg, eerder as die pyp. Die spanning word dus egalig oor die hele span versprei en gee die pypleeftyd ՚n groot hupstoot,” sê Paul.

Reinke se V- ringseëlstelsel is eenvoudig ՚n beter manier van pype verbind. Die V- ringseël verseker ՚n gladde interne pypoppervlakte wat stewig binne-in die pyp pas sodat watervloei nie belemmer word nie. Dit is ook ten volle beskerm teen verwering deur UV-ligstrale.

“Net soos ons spilpunte, is Reinke as maatskappy hier vir die langpad,” sê Paul. “Ons is nie tevrede met enigiets minder as die heel beste kliëntediens en besproeiingswerksverrigting nie. Ons is slegs ՚n oproep ver vir diens en ondersteuning.”

Reinke-handelaars is toegerus met vragte ondervinding, kennis en omvattende opleiding. Jou Reinke-handelaar werk saam met jou in alles om ՚n pasgemaakte ontwerp op te rig sodat jou besproeiingstelsel werk soos wat dit moet … jaar na jaar na jaar.

Om meer uit te vind oor die spilpunt wat jou dekades lank dien, kontak Patrick Ellis by +27(0)31-350-4525 of stuur ՚n e-pos na patrickellis@reinke.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0