Categories: Artikels, BesproeiingPublished On: 4th April 2022

Reinke maak reën terwyl die son skyn in die dorre Namib-woestyn

By 2 min read

DSC_0480

Water is nodig oral waar ՚n boer wil boer, maar daar is nie altyd elektrisiteit om die water te pomp nie. Reinke verstaan boerdery in Namibië en sorg dat daar altyd ՚n plan B gereed is. Hulle antwoord vir elektrisiteitloosheid is sonaangedrewe pompe.

Almal weet dat lusern die koning van voergewasse is. Van die algemeen-verboude voergewasse het dit die hoogste voedingswaarde en ook die hoogste opbrengspotensiaal van alle peulplante wat in Suidelike Afrika verbou word.

Maar lusern vra water, en dit is waar Reinke, die spilpuntkoning, intree om ’n hoë opbrengs van hoëgehalte-voer, propvol proteïen, vir Namibiese boere te verseker.

Maroela-wildplaas net suid van Windhoek, is ՚n voorbeeld van hoe die voordele van Reinke se spilpunte met alternatiewe energieplanne deeglik benut word om voldoende voedsame voer vir die wild te produseer.

“Boere in Namibië staar verskeie uitdagings in die gesig, onder meer die droogtetoestande met baie hitte-eenhede,”

vertel Johan Kotze, hoofbestuurder van Maroela-wildsplaas.

Johan sê: “Vandat ons ons spilpunt met die sonaangedrewe pompstel toegerus het bespaar ons baie tyd. Ons maak daagliks ՚n draai om te kyk dat alles reg is, maar verder sorg die spilpunt vir homself. Dit is egter belangrik om in gedagte te hou dat sonaangedrewe pompe minder water as elektries-aangedrewe pompe lewer – en ook net terwyl die son skyn. Dit neem dus langer om dieselfde hoeveelheid water toe te dien. Ten spyte daarvan hou die sonaangedrewe pompstelsel soveel voordele in vir die plaas dat die opsie steeds die verstandigte keuse is.”

Johan lig die voordele uit van die sonaangedrewe pompstelsel wat op die plaas geinstalleer is:

  • Sonaangedrewe pompe verskaf skoon energie en is omgewingsvriendelik, aangesien dit slegs hernubare energie gebruik en geen fossiel-energie benodig nie.
  • Sonkrag is gratis en daar hoef geen onkoste, behalwe instandhoudingskoste, vir elektrisiteit aangegaan te word nie.
  • Sonaangedrewe pompe is redelik maklik om te installeer en die installasie vereis nie groot uitgawes, soos die geval is wanneer Eskom-krag vir pompe aangelê moet word nie.
  • Sonaangedrewe pompe kan op enige plek geïnstalleer word, ongeag die afstand vanaf ontwikkelde gebiede of konvensionele elektrisiteitvoorsieningsmeganismes.

Boerdery in Suid-Afrika en aangrensende lande word deur vele geldelike uitdagings gekonfronteer en daarom begin meer en meer boere kyk na alternatiewe opsies ten einde koste te bespaar en die boerdery se voortbestaan te verseker.

Om meer uit te vind oor spilpunte wat met sonkrag werk wat en jou geld vir jou laat werk, kontak Patrick Ellis by +27-(0)31-350-4525, of stuur ՚n e-pos na
patrickellis@reinke.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0