Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 8th May 2026

Reën en koue kan boere nie weghou van Oranjeriviervoere se Skaapboeredag nie

By 3 min read
581 words

orv 1

Die boeredag se sprekers is van links agter: Grant Naudé, Chris Burgess, Dawie Maree, Pieter Möller, Pieter du Toit en Hennie Swardt. Voor is PG Strauss, Kallie Schoeman, Johan Botha en Dries Pienaar.

“Die tye waarin boere vandag boer veroorsaak dat ons nie in dieselfde posisie kan bly nie, maar vorentoe moet beweeg. Dit is ook waarom ons tema vir vanjaar se boeredag innoveer of stagneer is,” sê Johan Botha, Oranjeriviervoere (ORV) se uitvoerende hoof by hul tweejaarlikse ORV Skaapboeredag.

Die dag gaan daaroor om terug te gee aan hul lojale kliënte: boere. Vanjaar se boeredag het meer as 350 mense gelok. Selfs die koue, reënerige dag in die Karoo kon boere nie weghou nie.

Verskeie kundige sprekers het tydens die geleentheid waardevolle insigte gedeel en gesprekke gevoer wat van deurslaggewende belang is vir die moderne boer.“Ons is in die bevoorregte posisie waar ons self boer en ons produkte self kan uittoets in ons proefkraal,” sê Johan.

Familieboerdery is belangrik

ORV is nie verniet van vier geslagte passievolle Karooboere afkomstig nie. Kallie Schoeman van Schoeman Boerdery het veral gefokus op familieboerderye, want dit is wat boere volgens hom volhoubaar maak. “Die meerderheid boerderye word deur ’n familie besit en dit gaan oor nalatenskap.

“Net 28% van boere gaan verder terug as die derde geslag. Die derde geslag maak soms nie ’n sukses daarvan nie as gevolg van oorerwing. Ons voorouers leer ons om ons nalatenskap in stand te hou,” sê Kallie.

Boere moet besluit waar hulle hul boerdery oor 10 jaar sien. “Jy kan nie innoveer sonder om kreatief te wees nie,” sê hy. Die rolspelers in jou familie is ook belangrik, want elkeen se talent verskil – en Kallie beskou ook die rol van ’n vrou as baie belangrik in boerdery.

Tegnologie is belangrik in veeboerdery en die toekoms

Grant Naudé, Merino SA se president, sê naspeurbaarheid is ononderhandelbaar. “Ons maak staat op die uitvoermark. Daar is plek vir verbetering, want ons boer soos ons oupas 50 jaar gelede geboer het, ons moet vernuwe met tegnologie,” sê hy.

Merino SA is besig om genomika te ondersoek. “Ons wil dit verpligtend maak op alle veilings om meer tegnologies te gaan.”

PG Strauss, hoof van die VKB-groep, sê innovasie begin by jouself. “Jy moet self handelsmerke skep wat toeganklik is vir die verbruiker.”

Finansiële lokvalle

“Skaapvleispryse het toegeneem, daarom is dit beter om meer konserwatief te wees as jy jou kontantvloeibeplanning doen,” sê Dawie Maree, landbou-ekonoom by FNB.

FNB pas hul produkte by elke boer se omstandighede aan. Hulle is altyd opgewonde oor die toekoms van boere en landbou.

Van Oranjeriviervoere se hoëgehalteprodukte.

Wat sê boere oor ORV en die boeredag

Charl Saunderson van die Nooitgedacht Dorperstoet in Kenhardt sê: “Ek will te alle tye die beste lammer-oeste behaal en so uitnemend boer as wat ek kan. ORV deel dieselfde waardes as ek met topgehalteprodukte.”

Hy gebruik hul stoetkorrel, produksielek en lamkruip. “Oranjeriviervoere staan uit as gevolg van die klem op die detail. Hulle het ’n hoëgehalte-fabriek met die jongste tegnologie. Die produk is reg, die diens is reg en dit is ons soort mense.”

Pieter van Zyl boer buite Prieska en gebruik reeds sy lewe lank Oranjeriviervoere se produkte. Hy gebruik afrond asook energie- en produksielekke. “Dit is goeie mense om mee te werk en hulle bied goeie produkte.”

Namibiese boere word ook gelok na die boeredag. Janry du Toit van Du Toit Dorpers in Namibië gebruik al ’n dekade lank ORV se produkte.

“ORV het die vermoë om jou te ondersteun, kritiek te kan hanteer en met verbetering terug te kom na jou toe,” sê hy.

Kontak Oranjeriviervoere by 053-353-1979 of info@orv.co.za vir meer inligting oor hul gehalteprodukte.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0