Ram se saad laat rekord spat op Mertoun Dormers se Produksieveiling

KETTING-BANNER8 reg
Die enorme vleismasjien, Ketting, wat se saad vir ‘n rekordprys van R 1 900 per strooitjie verkoop is op Mertoun Dormers se produksieveiling.
‘n SA rekordprys van R 1 900 per strooitjie is op Mertoun Dormers se derde Produksieveiling in Bloemfontein vir semen van die Dormerram Ketting (JB 18-116) betaal.
Gerrit Henning, eienaar van Mertoun Dormers sê: “Dit is vir ons ‘n groot voorreg om ‘n ram soos Ketting te besit. Ons is dankbaar vir almal wat saad van Ketting aangekoop het, ons vertrou dat Ketting se nageslag tot voordeel van die Dormer bedryf sal wees.”
Gemiddelde pryse behaal op die veiling is soos volg:
160 strooitjies van Ketting is verkoop vir ‘n gemiddeld van R1 146,35. Die duurste strooitjies is verkoop vir R1 900 per strooitjie aan Johnny Forbes van die Kaap.
34 stoetooie is aangebied en verkoop. Die gemiddeld was R6 858. Duurste ooi is verkoop vir R12 000 aan Hanro Volschenk van Heilbron.
74 Kommersiële ooie aangebied en verkoop, die gemiddeld was R2 895.
26 stoet ramme aangebied en verkoop vir ‘n gemiddeld van R7 461. Die duurste ram Lot 71, GH 18 0236 is verkoop vir R26 000 aan Jannie Pretorius – Aquvadis boerdery van Barkley-Oos.
17 Kudde ramme is aangebied en verkoop vir ‘n gemiddeld van R4 500.

“Dankie aan almal wat saam kom kuier het. Dankie aan élke koper vir die ondersteuning, mag ons diere ware ambassadeurs van Mertoun Dormers wees. Ons sien julle weer volgende jaar, 11 Februarie 2023,” sluit Gerrit af.
Die veiling was aangebied deur Vleissentraal Port Elizabeth in samewerking met SwiftVee se aanlynplatform. Die afslaer was André van Zyl.