Categories: NewsPublished On: 12th July 2016

R159 000 vir ‘n tros druiwe

By 1 min read
100 words

druiwe trossie

‘n Vrugtehandelaar het ‘n trossie druiwe met 30 korrels vir £8 350 (R159 000) by ‘n vrugteveiling in Japan gekoop.  Die druiwekorrel is nie jou gewone druiwekorrel nie, want hy is so groot soos ‘n tafeltennisballetjie.

Die trotse handelaar, Takamaru Konishi, sê hy sal dit in sy winkel uitstal voordat hy sy klante daarvan sal laat proe.

Seisoenale vrugteveilings is baie gewild in Japan en vrugte word daar as ‘n statussimbool beskou. Die Ruby Roman-druiwe is in die Ishikawa-provinsie gekweek.

Om as ‘n Ruby Roman beskou te word moet die druiwe ‘n suikerinhoud van minstens 18% en hê en ongeveer 20g weeg.

Bron: The Guardian

0
Tags: ,

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0