Categories: NewsPublished On: 7th July 2010

Produksieveiling op 23 Julie: Isadolph Bonsmaras bied die beste van die bestes

By 2 min read
391 words

’n Bul vir elke behoefte – dis wat Isadolph Bonsmaras elke stoet- en kommersiële boer bied by hulle produksievei­ling op 23 Julie op die plaas Rietfontein, Vandyksdrif se koers van Middelburg af.

Dit is ook geen toeval nie, want Isadolph Bonsmaras het ’n baie groot genepoel en variasie van diere waaruit hulle kies om vir elkeen ’n bul presies na sy smaak en behoefte te bied.

Isadolph Bonsmaras maak ten volle gebruik van die variasie in die Bonsmara-ras wat verseker dat daar ’n Bonsmara vir elke plek, boerderypraktyk en veldtoestand is. Hulle het groot-, medium- en kleinraamdiere, vroeg- en laatrypes, maar almal uitgeknip vir ekono­miese vleisproduksie.

En vleisproduksie is waar­oor die hele saak gaan, glo HughKeyter, kuddebestuur­der. Die prys wat die boer vir vleis kry groei nie genoeg om hom ’n toekoms te verseker nie, sê hy, daarom moet hy sorg dat sy produksie immer styg.

Dis die boer wat hierdie werklikheid besef wat Isadolph Bonsmaras se produksieveiling moet bywoon – of hy nou met stoet- of kommersiële Bonsmaras boer en of hy sy ander ras se produksie met voortreflike basterkrag wil opstoot.

Groei is die groot woord by Isadolph, maak nie saak watter tipe Bonsmara ter sprake is nie. Blup-rekords speel ’n baie belangrike rol, maar daar hou dit nie op nie. Aangesien die boerdery sy eie voerkraal het, hou hulle nie net prestasiedata tot op speen nie, maar tot op slag en selfs uitslagpersentasie, wat ’n veel vollediger prentjie gee van hoe ’n bul se nage­slag presteer.

Die ander ononderhandelbare eienskap van Isadolph se Bonsmaras is vrugbaarheid. ’n Koei kry net een kans en ’n vers een-en-’n-halwe kans: die swaarste speenverse word op 14 tot 15 maande gedek en verlede jaar is 90% van hulle beset. Die wat nie vat nie kry dan saam met die ligteres weer ’n kans.

Isadolph se genepoel word verder vergroot deurdat die beste kuddepresteerders die laagste stoetpresteerders kan vervang.

As vrugbaarheid, groei en aanpassing jou mikpunt is, sorg dan dat jy op 23 Julie op Rietfontein is. Daar word 100 kommersiële en stoet vroulike diere en 35 stoetbulle aangebied.

Vir meer inligting, praat met Hugh Keyter 082-388-3095 (kuddebestuurder), Christo Schoeman
082-388-3100 (eienaar) of Wessel Meyer 082-800-4913 (afslaer).

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0