Praktiese opleidingsprogram om ooikuddes se produksie te maksimaliseer

Cotterrell, Cathcart – late evening
Wolboere word uitgenooi om deel te neem aan ‘n opleidingsprogram wat hulle sal help om die reproduksie van hulle ooi-kuddes te verbeter. Hierdie praktykgerigte program bied aan elke wolboer die geleentheid om daardie bestuursaspekte en –vaardighede wat die grootste invloed op die ooikudde se reproduksie het, aan te leer en toe te pas.
Die NWKV Produksie Adviseurs het die praktiese en maklik verstaanbare opleidingsprogram saamgestel wat boere sal help om MEER LAMMERS, MEER WINS te bereik. Alle wolboere kan deelneem met ‘n maksimum van 10 persone per distrik/gebied wat op hul leplase opgelei kan word.
Hoe kan boere deelneem?
Gesels met u medeboere in die distrik/landbouvereniging/studiegroep wat die program wil deurloop. Kontak dan u naaste Produksie Adviseur en bespreek u groep se plek.
Jannie Fourie (Caledon) – 082-564-1105
Gawie van Wyk (Carnarvon) – 083-270-3161
Juan Venter (Middelburg) – 079-693-1953
Kobus Grobler (Queenstown) – 072-593-5601
Jan Louis Venter (Bloemfontein) – 083-650-1131
Bom Louw (Harrismith & Ermelo) – 082-652-2243
Bron: NWKV