Categories: NewsPublished On: 8th July 2010

Prado doen dit oor en oor: “Kameratruuk is toe altyd die reine waarheid!

By 2 min read

Oopmond sit pa en seun hulle voor die beeldradio en vergaap aan die prentjie van ’n Toyota Land Cruiser Prado wat ’n helling van 43 grade uitklim.

“Pa, is dit regtig, Pa?”

“Nee wat, my seun – dis maar net ’n kameratruuk. G’n voertuig kan dit regtig doen nie. Dis onmoontlik.”

Later besoek dieselfde pa en seun Nampo. En wat sien hulle daar?

Dieselfde onmoontlike “kameratruuk” ontvou in die regtige werklikheid voor hulle oë: ’n onmoontlike staalhelling wat teen 43 grade hemelwaarts mik en ’n Toyota Prado wat doodlui­ters daarteen opstap tot heel bo, keer op keer op keer die heeldag deur.

En dié wat steeds nie hulle oë kan glo nie, word genooi om saam boontoe te ry… en ’n sertifikaat te kry om te bewys dat hulle die ervaring aan eie lyf beleef het.

Wat boere die meeste beïndruk het, was dat Prado die onmoontlike so maklik en moeiteloos vermag.

Maar vir die boer bied Prado veel meer as om hellings te bemeester. Die nuwe Prado is selfs nog nuttiger en prettiger as sy gedugte voorgangers.

Prado is in drie gesogte modelle beskikbaar: Die 3,0 Turbo Diesel GX, die 3,0 Turbo Diesel VX en die 4,0 Petrol VX. Die VX-modelle het outomatiese ratkaste met afdraandhulpbeheer en hel­lingwegtrekbeheer, wat die GX met sy vyfspoedhandratkas nie het nie.

Die VX-modelle het ook leeroorgetrekte sitplekke teenoor die GX se lapoortreksels, en die 4,0 Petrol VX se klankstelsel kan met knoppies op die stuurwiel beheer word.

Die 3,0 liter turbo-dieselenjin met tussenverkoeling lewer 96 kW teen 3 600 opm en 343 Nm wringkrag teen
2 000 opm, en die 4 liter V6-petrolenjin 179 kW teen 5 200 opm en 376 Nm teen 3 800 opm.

Al drie modelle het permanente vierwielaandrywing met ’n tweespoed-oordrag­ratkas, ’n Torsen-tipe wringkragvoelende beperkteglip-ewenaarslot, aktiewe vastrapbeheer en voertuigstabiliteitbeheer.

Almal het ook lekker groot 17-duimwiele met genoeg plek vir vierpot-remknypers met groot skywe. Stilhoukrag word verder bevorder deur die anti-sluitremstelsel met elektroniese remkragbeheer.

Die Prado vervoer 8 mense in die grootste gerief en veiligheid. Sy nuwe oudio­visuele navigasiestelsel met splitskerm sorg dat jy by presies die regte bestemming uitkom en sy radioklankstelsel met 6-straalplaatruiler en MP3/WMA-aanpasbaarheid help om die rit te veraangenaam.

Vir die dorstige kele is ’n koelkassie in die sentrale konsole nou standaard-toerusting.

Of jy nou die gramadoelas wil invaar waar glad geen pad is nie, op die snelweg, in die stadverkeer of teen ’n helling van 43 grade wil ry, Toyota se Land Cruiser Prado is die voertuig wat jou elke keer op die lekkerste en sekerste manier by jou bestemming bring.

Praat vandag nog met jou Toyota-handelaar.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0