Categories: NewsPublished On: 20th June 2016

Plaasveiligheid vir plaasaanvalle

By 4 min read
856 words

witkruismonument web

By Solidariteit KragDag wat die afgelope naweek gehou is, het Frik Wentzel van Bastion Akademie vir die gehoor meer vertel oor alles wat boere kan doen indien hulle ‘n plaasaanval in die gesig staar. Indien jy al die veiligheidsmaatreëls in plek het is die kans baie minder dat jy dood aangetref sal word. Plaasaanvalle is ‘n realiteit so boere moenie blindelings dink hulle het alles onder beheer nie, wees eerder versigtig.

Volgens Frik is daar gewoonlik vyf persone wat betrokke is by die plaasaanval, drie om die man te oorrompel en twee om die vrou aan te rand. Die misdadigers verken gewoonlik twee weke die plaas voor die plaasaanval uitgevoer word. “Aanvalle kan dag en nag plaasvind en die boer se werknemers is gewoonlik op ‘n manier betrokke,” sê Frik.

Perseelbeveiliging

Volgens hom moet bome se ondergroei skoongesny word, want dit kan ‘n skuilplek vir die misdadiger wees en daar moet veral aan die buitekant van die huis behoorlike beligting wees. “Skakel huisligte binne af.” Gebruik gruis in jou erf as vroeë waarskuwing, mens kan hoor as iemand op gruis loop. Frik sê ook boere moet hulle werf skoon hou sodat hulle kan sien indien ‘n vreemdeling daar geloop het. ‘n Elektriese heining en alarmstelsel is nodig, want jy moet ‘n waarskuwingstelsel hê om wakker te word. Of selfs ogies in die tuin. Boere kan selfs ‘n sagte alarm in die kamer hê wat net hulle hoor om hulle wakker te maak, want dis belangrik dat die boer en sy gesin weet as iemand die perseel betree en dan die naaste bure vir hulp kan nader.

“Boere moet ook nie op honde alleen staatmaak nie, want die misdadigers kan twee weke voor hulle die perseel betree daagliks by die honde teen die draad staan en dan raak hulle aan die reuk gewoond,” sê Frik. As die misdadigers dan die plaas betree blaf die honde nie eers nie. “Daar moet ook ‘n veilige kamer in die huis wees soos die hoofslaapkamer van ‘n huis wat ‘n veiligheidshek voor die kamer het en diefwering,” sê Frik. ‘n Bed  moet ook nie teen ‘n venster wees nie.

Veiligheidsgebruike

“Boere moet deel word van hulle gemeenskap en aktief deelneem aan die bedrywighede sodat almal saam kan veg indien daar iets gebeur,” sê Frik. ‘n Tweerigtingradio is iets wat elke boer moet hê, want dan kan boere elke aand ‘n “radioroep” doen sodat almal weet hulle is veilig. Die naaste bure sal ondersoek instel as niemand antwoord nie. Frik noem ook dat die kinders veral ook op die radio kan praat. Indien boere nie ‘n wapen het nie moet hulle ‘n wapen kry en die wapen moet te alle tye in hulle besit wees. “Dit help nie jy het ‘n wapen en hy lê in die kluis nie.” Frik sê ook die dae van meer as een drankie is verby, want hulle val veral mense aan wat rugby kyk en drink. Dames moet skiet as daar iets gebeur, hulle moenie huiwer nie en geen wapen moet onder ‘n kussing gesit word nie. Die gedrag van honde moet dopgehou word en veral vroue sal ruik as daar vreemdelinge in hulle huis is.

Tekens wat gekry kan word:

Sigaretstompies, blikke, bottels, plekke in gras waar hulle gelê het en urinering. As honde in ‘n sekere rigting blaf moet die boer die volgende oggend gaan kyk in daardie rigting, maar glad nie die aand in die donker nie.

Indien daar dophouplekke van misdadigers gekry word, moet dit op google earth gemerk word. As elke plek gemerk word gee dit ‘n prent op die einde waarvandaan hulle dalk kom. Daar moet ook opgelet word na die gedrag van die boer se arbeiders en vreemde persone.

Wenke vir situasies

Die boer moet nooit nooit alleen uitgaan nie. En indien daar klaar misdadigers sy huis betree het moet hy ‘n veilige posisie inneem voor hy stadig asemhaal en skiet. Die kinders moet weet hulle moet te alle tye platlê. Die boer mag homself en ander verdedig en kan enige wapen vir selfverdediging gebruik. As jy vries onthou net om diep asem te haal. Indien jy iemand geskiet het en jy gesels met die polisie, mag jy ‘n prokureur kry en jy moenie jou geweer ingee nie.

“Moenie ‘n roetine hê nie, misdadigers hou jou dop,” sê Frik.

Daar is ook wenke vir mense wat in stede bly indien hulle in gevaar kom.

Stadsveiligheid

Sewe uur die aand tot middernag gebeur die meeste aanvalle in stede en veral op tye wanneer die familie almal ‘n sepie kyk. Die meeste aanvallers het vuurwapens en is gewoonlik minimum vier bendelede. Dit is ook gewoonlik vorige werknemers wat betrokke is net soos by plaasmoorde. Die misdadigers is van 19 tot 26 jaar oud en het al voorheen moord gepleeg. 90% het nie matriek of werk nie en 10% het die werk gelos vir misdaad.

Meeste slagoffers vertoon hulle rykdom, veral dames met duur horlosies in winkelsentrums. “Moenie jou rykdom vertoon nie, want hulle sal jou tot by die huis volg,” voeg hy by.

Daar is gewoonlik 103 insidente oor sewe jaar voor die misdadigers gevang word en hulle woon 10 tot 30 minute van die teiken af.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0