Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 18th February 2025

Plaastoerusting: Drotsky het ‘n oplossing vir elke probleem

By 1 min read
271 words

drotsky 2

Drotsky se elektriese trekker wat gebruik word om toerusting aan te dryf.

Drotsky is al meer as sestig jaar bekend vir hulle hoëgehalte toerusting, maar Drotsky verkoop nie net masjiene nie … hulle verkoop oplossings.

In die afgelope paar jaar het Drotsky verskeie boere gehelp met die bou en inbedryfstelling van ten volle toegeruste pilaanlegte.

Drotsky se bekwame span help met die beplanning, vervaardiging, installering en opleiding van personeel vir pilaanlegte. Drotsky identifiseer eers jou behoeftes en werk dan om vir jou ‘n pasgemaakte aanleg te bou, hetsy dit alles splinternuut is of aanpas by reeds bestaande toerusting op jou plaas.

Hulle klantebasis strek regoor Afrika en die wêreld en sluit lande soos Mauritius, Nieu-Seeland, Australië en Nederland in.

Die maatskappy is in 1962 deur Gert Drotsky gestig nadat hy die heel eerste hamermeul in sy motorhuis gebou het. Vandag is Drotsky ‘n bekende naam onder die boere en is die maatskappy voorlopers in hulle bedryf.

Drotsky vervaardig onder meer:

  • Hamermeulens
  • Voermengers
  • Verpillingsmasjiene
  • Graanverwerkingstoerusting
  • Rollermeulens
  • Stofbeheertoerusting

Nie net is al hulle toerusting vir ses maande gewaarborg nie, maar hulle voorsien ook tegniese ondersteuning en hou al die onderdele vir hulle masjiene by hulle fabriek en al hulle handelaars aan.

So, of jy nou ‘n idee vir ‘n masjien of aanleg het, algemene ingenieurswerk nodig het of jou aanleg wil outomatiseer, Drotsky kan jou help.

Hulle maak gebruik van tegnologie wat maklik is om te verstaan en te onderhou en wat boonop jou sak sal pas. Drotsky kan ook jou ou masjiene opknap en weer soos nuut laat werk.

Vir enige navrae of om van die projekte te sien wat Drotsky al voltooi het, besoek gerus hulle webtuiste by www.drotsky.co.za

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0