Categories: Artikels, VeiligheidPublished On: 7th December 2019

Plaasaanvalle: Rescomp Handgun Technologies (RHT) beveilig die boer

By 2 min read
293 words

rht 1

Rescomp hou net die beste gehalte toerusting aan vir sportskiet, jag en selfverdediging.

’n Wrange werklikheid waaraan Suid-Afrika se boere blootgestel is, is plaasaanvalle. Franco Resca, eienaar van RHT in Pretoria, wil graag sy deel doen om die boere rustiger te laat slaap en om hulle lewe en eiendom te beskerm.

Franco het die familie-onderneming in 1991 gestig om aanvanklik spesiale holsters vir sportskietdoeleindes te ontwerp en te vervaardig. Die afgelope 28 jaar het die onderneming uitgebrei en bedien vandag ’n wye verskeidenheid kliënte. RHT bied plaaslik ontwerpte en vervaardigde produkte insluitend wapensmiddienste aan die publiek.

“Al my personeel is uitstekende skuts en kan praktiese raad gee aangesien hulle self met die produkte werk,” sê Franco.

Die span van RHT verwag net die beste gehalte van hulle verskaffers en bied dus slegs produkte van die hoogste gehalte aan boere. Hulle skroom ook nie om ’n waarborg aan hulle produkte te koppel nie.

Die boodskap wat Franco graag oordra, is dat sy maatskappy boere se veiligheid op die plase wil verseker om sodoende ook te help met volhoubare voedselproduksie. Hy glo hy kan ’n bydrae tot die oplossing lewer met selfverdediging as sy onderneming se hooffokus.

Buiten die werk wat RHT aan wapens doen, verskaf hulle ook ’n hele reeks wapentoebehore, ekstra magasyne, beligting en hulle eie reeks holsters. Franco het self hulle nuwe vlagskipholster, die SECURE3, ontwerp en oor die jare ontwikkel tot ’n produk wat vir selfverdediging-, sportskiet- en selfs militere doeleindes gebruik kan word.

“Ons is nie net nog ’n geweerwinkel nie; ons is elke jaar ’n uitstaller by Shot Show in die VSA, wat een van die wêreld se grootste uitstallings is,” verklaar Franco.

Kontak Rescomp Handgun Technologies by 012-333-4768 of stuur ՚n e-pos na agri@rescomp.co.za. Besoek die webwerf by www.rhtechnologies.co.za of www.rht-mle.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0