Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 24th February 2023

Opwindende nuus vanuit die LEMKEN-kontrei

By 2 min read
406 words

LEMKEN_SOLITAIR_DT-scaled

LEMKEN se splinternuwe Solitair DT wenkombinasie.

Artikel voorsien

Ons is in die begin van ‘n nuwe jaar en dis met groot opwinding wat ons kyk na nuwe LEMKEN-toerusting wat hierdie jaar hulle verskyning in die Suid-Afrikaanse mark gaan maak.

Karat 10

Die Karat 10 is ‘n opgradering van die ou staatmaker, die Karat 9, wat al die afgelope 11 jaar een van die topverkopers in die Suider-Afrika-mark was.

Die Karat 10 is steeds toegerus met dieselfde tande en uitskopmeganismes as die Karat 9, maar die tandspasiëring op die Karat 10 het effens verander.

Op die Karat 10-driepuntmodelle is die tandspasiëring 30 cm en op die sleepmodelle is dit 31 cm, albei met ‘n simmetriese uitleg.

Op die Karat 9 is die tandspasiëring 27 cm tot 29 cm, afhangend van die modelgrootte, met ‘n simmetriese uitleg. Op beide van hierdie eenhede is die tande op drie balke geplaas om materiaalvloei te bevorder.

Die sleepmodelle van die Karat 10 is nou ook beskikbaar met die opsie van snyskottels op die voorkant van die eenheid. Hierdie snyskottels kan hidroulies verstel word.

Aan die agterkant, net voor die roller, is die skottels vervang met ‘n plat skottel.

Die nuwe skottel verseker dat grond nie meer so maklik aan die binnekant van die skottel pak nie. Hierdie skottels kan ook vervang word met ‘n gelykmaak-arm as opsie.

LEMKEN se nuwe, opgegradeerde Karat 10.

Rubin 10

Die Rubin 10 wat die plaasvervanger is vir die ou beproefde Rubin 9 spog nou met ‘n groter model: die Rubin 10/1000. Hierdie eenheid se werkswydte is 10 m.

Ons verwag die nuwe eenheid in die land teen September 2023. Hierdie eenheid sal aanvanklik as ‘n demonstrasiemodel gebruik word.

Solitair DT

Die LEMKEN Compact Solitair wat ‘n kombinasieplantereenheid is, word vervang met die Solitair DT.

Hierdie eenhede doen saadbedvoorbereiding en herkonsolidasie van die grond, en plant dan in ‘n perfekte saadbed. Die Soliatir DT het die opsie om kunsmis saam met die saad of afsonderlik te plaas. Die Solitair DT kan enige saad plant wat in kilogram per hektaar gemeet word, wat in grootte wissel van tefsaad tot sojabone.

Die eenheid se kilowattbehoeftes is verlaag en daar kan ook teen ‘n vinniger spoed geplant word. Die Solitair DT is beskikbaar in 4 m en 6 m en ons verwag om in 2024 ook ‘n 9 m-eenheid beskikbaar te hê.

Hou ons platforms dop vir al die nuwe opwindende nuus vanuit die LEMKEN-kontrei!

Kyk hoe LEMKEN se Karat 10doeltreffendheid herdefinieer in hierdie video.

Lees ook hierdie LEMKEN-artikel in Engels op Proagrimedia.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0