Categories: News, Stock and game farmingPublished On: 9th February 2015

Operation Compliance ruk bek-en-klouseer in die bek

By 3 min read
501 words

Die verlies aan sy bek-en-klouseervrye-status het Suid-Afrika se rooivleisuitvoer kwaai geknou en dit is beslis iets wat baie ernstig opgeneem moet word, sodat dit nooit weer moet gebeur nie

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye is besig om “Operation Compliance” kragtig in werking te stel vir die beskerming van Suid-Afrika se bek-en-klouseer-status.

Die minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Senzeni Zokwana, het by ‘n perskonferensie gesê die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE), het sekere standaarde gestel waaraan Suid-Afrika moet voldoen. Dit is belangrik dat die vordering wat reeds in die verband gemaak is, nie onnodig in die spel geplaas word nie, want die regering is dit aan die veebedryf, die sakegemeenskap en alle Suid-Afrikaners verskuldig.

Suid-Afrika word tans deur die OIE erken as ‘n land met ‘n sone wat vry is van bek-en-klouseer met inenting. Die meeste van die land se handelsvennote wat lede van die OIE is, beskou dit as ‘n belangrike maatstaf wanneer die doeltreffendheid van ‘n land se veeartsenykundige dienste beoordeel word. ‘n Bek-en-klouseer-vrye-sonestatus strek ook tot voordeel van die internasionale verhandeling van landbouprodukte.

Mnr Zokwana het gesê daar is ‘n dringende behoefte aan samewerking en koördinering tussen regeringsdepartemente, sowel nasionaal as provinsiaal, en die betrokke belangegroepe soos die veebedryf, landbougemeenskappe, verhandelaars van vee en wild en produkte daarvan, en die algemene publiek om te verseker dat maatreëls

nagekom word om die uitbreking en verspreiding van die siekte te voorkom. Hy het gesê die volgende sleutelmaatreëls moet onder meer doeltreffend ingestel word om Suid-Afrika se bek-en-klouseer-vryesonestatus te beskerm:

 • Verskerpte toesig oor siektes op die plaas- of diptenkvlak.

 • Streng beheerde beweging van vee, wild en veeprodukte binne en tussen die verskillende bek-en-klouseersones, gekoppel and diere-identifikasie.

 • Voldoende inenting van beeste teen bek-en-klouseer in sekere aangewese gebiede.

 • Die inwerkingstelling van ‘n doeltreffende diere-identifikasie- en opspoorbaarheidstelsel.

 • Doeltreffende internasionale grensheiningonderhoud en -patrollering, veral in die geval van grense met lande wat ‘n ander bek-en-klouseerstatus het. Die volgende aspekte gaan onmiddellik aandag kry:

 • Verbetering van die struktuur en inspeksie van die grensheining met Zimbabwe.

 • Verbetering van die sigbaarheid en afbakening van die beskermingsone deur duidelike tekens op te rig wat die ingang na die beheersones en die ingang na die vrye sone identifiseer.

 • Daar sal verseker word dat duidelike afsperrings tussen die grense van die vrye sone en die beheersones opgerig word.

 • Die oplossing van die probleme met Ndumo-wildreservaat se oostelike grens en die versekering dat heinings die buffels in Ndumo van die beeste wat buite is, skei.

 • Die algemene verbetering van bek-en-klouseermonitering in die beheersone en die vrye sones. Monitoring van buffels in die Ndumo- en Tembe-wildreservate in KwaZulu-Natal sal die hoogste prioriteit wees.

 • Die skeiding van diere en hulle produkte wat afkomstig is van die beheersones van dié wat afkomsting is van die vrye sone by slagplase.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0