Categories: NuusPublished On: 11th April 2018

Opening van nuwe saad patologie-laboratorium

By 3 min read
553 words

FullSizeRender 3

Monsanto het pas ‘n nuwe mylpaal bereik met die opening van hulle nuwe, moderne patalogie-laboratorium by hulle navorsingsplaas op Petit. Die opening van die fasiliteit beklemtoon die maatskappy se verbintenis om voortdurend nuwe en beter produkte na die mark te bring tot voordeel van die mielieboer nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die res van Afrika.

“Monsanto het nog altyd daarna gestreef om die bes moontlike produkte aan produsente te verskaf om hulle in staat te stel om die produktiwiteit op die plaas te verbeter en hierdie is ‘n stap nader aan ons doel om volhoubaarheid vir die boer te bevorder,” sȇ Kobus Steenekamp, kommersiёle bestuurder vir Monsanto in Suid-Afrika.

“As ‘n globale leier in die verskaffing van tegnologie-gebaseerde oplossings en produkte met die uiteindelike doel om produktiwiteit te verhoog en voedselgehalte te verbeter, bly Monsanto daartoe verbind om beide kommersiёle grootskaal en kleiner skaal boere van top gehalte produkte te voorsien sodat hulle in staat sal wees om meer te produseer op bestaande of selfs minder grond sodat ons saam natuurlike hulpbronne soos grond en water kan bewaar.”

By hierdie laboratorium sal die patoloё plantsiekte diagnoses en toetse doen, maar ook ‘n konsultasiediens lewer aan ons navorsers, telers, landboukundiges en verkoopspanne.  Die fasiliteit, wat ondersteun word deur veldproewe en -toetse, sal die maatskappy in staat stel om ‘n wye verskeidenheid van patogene en plantsiektes te analiseer en interpreteer en uiteindelik na ons kliёnte te gaan met relevante en praktiese raad en oplossings vir produksieprobleme wat verband hou met plantsiektes. Die werk sal uiteraand in sekere gevalle reaktief wees, maar die span sal ook poog om ‘n proaktiewe diens te lewer met sekere voorspellings of nuttige wenke.

Dienste deur die laboratorium gelewer, sluit in:

.           die indentifikasie en diagnose van plantsiektes op mielies

.           siektebeheeradvies

.           evaluerings van chemiese en biologiese kontrole in fungusproewe in die veld

.           die toets van saad vir plantpathogene

.           besoeke en konsultasies

.           die beplanning en reёl van plantsiekteondersoeke en -opnames in die veld en by produsente

.           navorsingsprojekte ten opsigte van plantsiektes op mielies

.           Adviesdiens aan die produksienavorsingspan en ook die saadvermeerderingspanne

.           Adviesdiens aan die landboukundige, verkoops- en bemarkingspanne ten opsigte van    produkplasings en -aanbevelings.

“Dit is regtig ‘n ongelooflike gevoel om deel te wees van die span en om die nuwe Plantgesondheid en Patologie Laboratorium op Petit in gebruik te neem.  Vir baie jare het die span hard gewerk om die gehalte van ons produkte te verbeter en hierdie nuwe fasiliteit sal ons bestaande aksies ondersteun en verbeter sodat ons steeds uitstekende produkte aan ons kliёnte kan lewer,” se Loren Trimble, Monsanto Afrika se navorsings en ontwikkelingsbestuurder.

Die bouwerk aan die laboratorium het agt maande geduur en dit is merkwaardig dat daar nie een enkele veiligheidsvoorval was in die tydperk nie.

“Die opening van die nuwe Plantgesondheid en Patologie Laboratorium op Petit is ‘n belangike mylpaal vir mielienavorsing en -teling in Afrika. Die wȇreldklas fasiliteit sal ons help om ons uitstekende DEKALB produkportefeulje nog verder te verbeter en om nog ‘n beter en waardevolle diens aan ons boere te lewer,” Cheusi Mutawila, Monsanto Asiё-Afrika Plantgesondheid en Patologiebestuurder.

Bron: Monsanto

saad patologie-laboratorium

Cheusi Mutawila; Monsanto Asiё-Afrika Plantgesondheid en Patologiebestuurder, Loren Trimble; Monsanto Afrika se navorsings en ontwikkelingsbestuurder en Kobus Steenekamp, kommersiёle bestuurder vir Monsanto in Suid-Afrika by die opening van die nuwe saad patologie-laboratorium.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0