Oesskatting vir 2022

corn-g060273f70_1920
Foto: Pixabay
Die hersiene skatting van die oppervlakte onder mielies beloop 2 613 500 ha, wat 5,15% of 141 900 ha minder is as die 2 755 400 ha wat verlede seisoen aangeplant is, en 0,15% of 3 800 ha meer as die voorlopige oppervlakteskatting van 2 609 700 ha soos vrygestel in Januarie 2022.
Die verwagte kommersiële mielie-oes is 14 527 950 ton, wat 10,95% of 1 787 050 ton minder is as die 16 315 000 ton van die vorige seisoen (2021). Die opbrengs van mielies is 5,56 t/ha.
Die oppervlakte beplant syfers is hoofsaaklik verkry vanaf die Produsente Onafhanklike Oesskattingstelsel (PICES), soos deur die Nasionale Oesskattingskonsortium gerapporteer vir Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Noordwes provinsies.
Neem kennis dat inligting van die objektiewe opbrengs-opname van die Konsortium vir die Mpumalanga provinsie, in April 2022 gerapporteer word en vir die Vrystaat en Noordwes provinsies in Mei 2022. Die huidige opbrengs syfers is hoofsaaklik verkry vanaf produsente in die verskillende provinsies.
Die oppervlak onder witmielies is 1 571 000 ha, wat ‘n afname van 0,30% of 4 700 ha verteenwoordig vergeleke met die 1 575 700 ha die vorige seisoen. Die produksieskatting van witmielies is 7 535 100 ton, wat 12,38% of 1 064 900 ton minder is as die 8 600 000 ton van die vorige seisoen. Die opbrengs van witmielies is 4,80 t/ha.
In die geval van geelmielies is die oppervlakteskatting 1 042 500 ha, wat 1,97% of 21 000 ha minder is as die 1 063 500 ha geplant die vorige seisoen. Die produksieskatting van geelmielies is 6 992 850 ton, wat 9,36% of 722 150 ton minder is as die 7 715 000 ton van die vorige seisoen. Die opbrengs van geelmielies is 6,71 t/ha.
Ander somergewasse:
Sonneblomsaad: Die hersiene oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 655 700 ha, wat 37,23% of 177 900 ha meer is as die 477 800 ha aangeplant die vorige seisoen. Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 914 350 ton, wat 34,86% of 236 350 ton meer is as die 678 000 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,39 t/ha.
Ander gewasse: Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 915 300 ha, wat ’n toename van 10,66% of 88 200 ha verteenwoordig vergeleke met die 827 100 ha geplant die vorige seisoen. Die produksieskatting is 1 821 400 ton, wat 3,99% of 75 600 ton minder is as die 1 897 000 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,99 t/ha.
Vir grondbone is die oppervlakteskatting 44 900 ha, wat 16,47% of 6 350 ha meer is as die 38 550 ha geplant vir die vorige seisoen. Die verwagte grondbone-oes is 69 200 ton – 7,62% of 4 900 ton meer as die 64 300 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,54 t/ha.
Die oppervlakteskatting vir sorghum het afgeneem met 23,37% of 11 500 ha, van 49 200 ha tot 37 700 ha teenoor die vorige seisoen. Die produksieskatting van sorghum is 146 590 ton – 31,82% of 68 410 ton minder as die 215 000 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 3,89 t/ha.
Vir droëbone is die geskatte oppervlakte beplant 42 900 ha, wat 9,47% of 4 490 ha minder is as die 47 390 ha geplant vir die vorige seisoen. Die produksieskatting is 59 690 ton, wat 3,50% of 2 018 ton meer is as die 57 672 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,39 t/ha.
Wintergewasse – 2021 produksieseisoen
Koring: Die verwagte produksie vir koring is 2,257 milj. ton, wat 2,17% of 47 950 ton meer is as die vorige skatting van 2,209 milj. ton, terwyl die verwagte opbrengs 4,31 t/ha is. Dit is die grootste verwagte koringoes sedert 2002, toe dit 2,427 milj. ton was. Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 1,260 milj. ton (56%), in die Vrystaat 353 500 ton (16%) en in die Noord-Kaap 269 800 ton (12%).
Ander gewasse: Die produksieskatting vir moutgars is onveranderd gelaat op 331 100 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 94 730 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,50 t/ha beloop.
Die verwagte kanola-oes is ook onveranderd gelaat op 197 000 ton. Dit is die grootste kanola-oes wat nόg geproduseer is in die geskiedenis van SA. Die oppervlakteskatting vir kanola is 100 000 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 1,97 t/ha.
Die verwagte oes vir hawer (ontbytgraan) vir die 2021-seisoen is 69 950 ton en die oppervlakteskatting is 36 250 ton. Die verwagte opbrengs is 1,93 t/ha. In die geval van soetlupine is die produksieskatting onveranderd gelaat op 28 600 ton. Die oppervlakte beplant met soetlupine is 22 000 ha, en die verwagte opbrengs is 1,30 t/ha.
Die tweede produksieskatting vir somergewasse vir 2022, sal op 28 Maart 2022 vrygestel sal word en die voornemens om wintergewasse te plant vir 2022 sal op 26 April 2022 vrygestel sal word.
Bron: Oesskattingskomitee