Categories: NewsPublished On: 6th June 2016

OBP wil ‘n leier in enstowwe wees

By 1 min read
107 words

inenting

Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP), wat gesukkel het met die voorsiening van sy entstowwe, wil ‘n wêreldspeler word wanneer die modernisering van sy geboue voltooi is.

Hulle het die afgelope twee jaar gesukkel met entstowwe wat nie beskikbaar was nie. Volgens hulle direksie is hulle probleme nou opgelos en is al die entstowwe beskikbaar om aan gebruikers en kliënte te lewer.

OBP het by die Nasionale Tesourie finansiering gekry om hulle vervaardigingsaanleg op te gradeer. Die opgradering behoort teen 2018 afgehandel te wees. Die aanleg, wat in die toekoms aan internasionale GMP standaarde sal voldoen, gaan ook deure vir uitvoer van entstowwe na Europa oopmaak.

Bron: RPO

0
Tags: ,

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0