Categories: NuusPublished On: 27th March 2018

Obaro tydens konferensie vereer

By 1 min read
220 words

Claas Toekenning

Jaco Roodt, Obaro Brits besigheidsbestuurder, ontvang die toekenning vanaf Dick David, algemene bestuurder van Kempston Agri, vir Onderdele-afdeling van die Jaar 2017.

Obaro is vroeër vandeesmaand by Kempston Agri se Claas Handelaarskonferensie in Bethlehem as Claas se Onderdele-afdeling van die Jaar vir 2017 aangewys.

Die Kempston Agri Claas Handelaars Konferensie is ‘n spoggeleentheid waar verskeie Claas Handelaars vereer word vir hulle uitmuntende werksvernuf. Hierdie jaar was geen uitsondering nie en Obaro Brits het met die gesogte toekenning weggestap.

Claas is een van die wêreld se top vervaardigers van landboutoerusting en -masjinerie. Die maatskappy se produkreekse, wat ondermeer trekkers, balers, stropers en oesmasjinerie insluit, is enige boer se sleutel om hulle plaas doeltreffend te bedryf. Obaro het in 2016 hulle eerste Claas Werkswinkel in Brits geopen en het sedertdien behoorlik van krag tot krag gegaan. Obaro het verlede jaar die Duitse tegnologie en uitnemendheid van Claas na Middelburg geneem met die tweede werkswinkel wat geopen is en Obaro Marble Hall sal ook eersdaags ‘n tuiste bied vir die ikoniese Claas versameling.

“Die toekoms van landbou word deur tegnologie gedryf. Obaro is daartoe verbind om ons boere by te staan en toe te rus met die beste tegnologie om so slim as moontlik te boer. Met verskaffers soos Claas kan ons die toekoms van landbou verander. Dis ‘n opwindende tyd wat Landbou betree en om erkenning op hierdie platforms te ontvang is voorwaar ‘n eer,” sê Nic Bronkhorst, besturende direkteur van Obaro.

Bron: Obaro

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0