Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 4th June 2024

NviroCrop het die regte raad vir jou

By 2 min read
373 words

Picture1

Wanneer jy of jou familie siek is, wil jy tog hê net die beste mediese personeel moet na julle omsien. Wanneer jou plante ‘n bietjie liefde kort, is NviroCrop die mense wat jy nodig het.

NviroCrop bied onafhanklike landboukundige dienste wat jou kan help met jou boerdery se volhoubaarheid. Hulle is nie gekoppel aan die insetbedryf nie, maar glo daaraan om boere te ondersteun in hulle besluitneming voor en gedurende die groeiseisoen.

Cobus Burger, NviroCrop se besturende direkteur vertel dat hulle nie net raad gee nie, hulle het ook hulle eie laboratorium in Somerset-Wes. Hier kan hulle noukeurig jou grond-, blaar- en waterontledings doen om te verseker dat hulle die beste raad bied.

Die span wat hulle geografiese informasiestelsel lei, stel toedieningskaarte op en skryf aanbevelings vir die wisselende toediening van kunsmis en oesbeskermingsmiddels aan boere voor.

Hulle is beslis nie jongblare nie, die maatskappy is in 2007 gestig dra nou al vir 17 jaar hulle landboukennis oor aan hulle klante.

“Ons doel is om inligting in te samel en ‘n boer raad te gee oor wat hy nodig het om ‘n verskil op sy plaas te maak,” vertel Kobus en voeg by dat hulle kan help met strategieë indien daar probleme in die lande opduik.

NviroCrop maak gebruik van hulle eie inligtingstelsel, Precision Gateway, en deur middel van satelliettegnologie en datastelle wat op die platform ingevoer word, kan hulle regstreek jou plaas moniteer gedurende die seisoen.

Behalwe dat hulle gewasgroei kan dophou stuur die stelsel ook ‘n vooraf waarskuwing uit wat vir ‘n boer kan sê of daar dele op sy land is wat dalk probleme kan gee later in die seisoen.

Cobus Burger, NviroCrop se besturende direkteur verduidelik hoe onafhanklike raadgewing boere kan baat.

Die maatskappy is gevestig in Potchefstroom  maar werk regoor Suid Afrika, Zambië, Kenia, Ghana, Namibië en dele van Mosambiek. Hulle spesialiseer in beide winter- en somergraangewasse, asook vrugte.

“Daar is baie landboukundiges in die mark wat ‘n insetmaatskappy ondersteun met die produkte wat hulle aan boere verskaf. Ons hoef geen insetprodukte te bevorder nie, wat ons doen is om eerlik te gaan kyk wat is die redes hoekom sekere produksievlakke dalk nie gehaal gaan word nie,” verduidelik Cobus.

Vir kundige raad om jou produksievlakke te verbeter kontak NviroCrop vandag.

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1