Nuwe Passat ry 2 029 km met een tenk petrol

passat
Die nuwe Volkswagen Passat 1.4 TSI DSG het ‘n nuwe SA rekord gestel vir ‘n petrol-aangedrewe passasiersmotor wat oor die 2 000 km ver met een tenk kan ry.
Die nuwe Passat het ‘n afstand van 2 029 km gery vanaf die Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese Beitbrug-grenshek tot Morreesburg (90 km noord van Kaapstad) in twee en ‘n half dae.
Die gemiddelde brandstofverbruik was 4,1 liter per 100 km en die totale hoeveelheid brandstof wat gebruik is, was 83,19 liter. Die gemiddelde spoed was 69 km/h.
Rodney Kinsey, die meesterbrein agter die ekonomiese prestasie, sê: “Ons is baie opgewonde oor die prestasie van die nuwe Passat TSI. Ons het altyd geglo dat die nuwe Passat-enjin die vermoë het om ons vorige rekord van 1 941 km wat die Golf TDI Bluemotion in 2011 gegee het, te verbeter.
Rodney voeg by: “Ons het die tenk met 83,19 liter brandstof gevul wat 17,19 liter meer as die standaard kapasiteit van 66 liter is. Die bykomende brandstof was belangrik om die nuwe rekord te kan stel.”
Ses bestuurders is gebruik en een van hulle was die bekende motorjoernalis Malcolm Kinsey.
Bron: Volkswagen Groep SA