Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 31st May 2024

Northmec Implemente (NMI) bied nou nog meer staal vir jou plaas

By 3 min read
540 words

IMG_3905

Northmec Implemente het oor die jare heen ‘n handelaarsnetwerk ontwikkel wat voorloop as dit kom by verkope, diens en steun aan Case-IH-klante regoor vele produkreekse wat landwyd versprei word. Jaar na jaar dryf Case IH strategiese ontwikkeling met sy jarelange verspreidingsvennoot, Northmec Implemente.

Vanjaar het Northmec Implemente weer hulle staal in die NAMPO-stal gewys en die nuwe en ou bekendes aan boere vertoon.

NMI bied ‘n verskeidenheid DJI-hommeltuie aan.

STORTI-voermengers

Bertus Barkhuizen, produkspesialis van Case IH, vertel: “Ons is trots om vanjaar ‘n nuwe produk aan boere in ons midde bekend te stel.”

Bertus vertel van Northmec se STORTI Boxer MT70-voermenger wat vanaf Italië ingevoer word. Hy verduidelik: “Hierdie spesifieke menger is ‘n 7 kubieke, horisontale menger. Die 7 kubiek-grootte is ‘n nuwe toevoeging wat ons verlede jaar ingebring het om die gaping in die mark te vul. ‘n Groot voordeel van hierdie voermengers is hulle ratverhouding. Jy kan met ‘n kleiner trekker baie meer voermengsels maak. Die voermengerhet drie laaiselle om die akkuraatste weegaksie te bied.

“Hierdie reeks voermengers begin by ‘n 5 kubiek en strek tot en met 25 kubiek. Daar is ook drie verskillende mengmodelle: die horisontale mengers, ‘n horisontale beheerde menger en ook ‘n vertikale menger om so aan elke boer se unieke behoeftes te voldoen,” sê Bertus.

Plukkerkoppe in die NMI-stal

NMI is ook die trotse verskaffers van Franco Fabril-mielieplukkerkoppe en sonneblomtafels uit Argentinië.

Bertus verduidelik dat Northmec Implemente ook die Franco Fabril-mielieplukkerkoppe en -sonneblomtafels van Argentinië invoer. “Hierdie mielieplukkerkop is ‘n robuuste plukker wat teen sakpaspryse bekom kan word,” voeg hy by.

Northmec bied bykomend tot die Franco Fabril-reeks ook die welbekende Geringhoff-plukkerkoppe aan. “Dt is ’n betroubare reeks, waarmee almal in die land vertroud is,” sê Bertus.

Hy voeg by: “Hulle is beskikbaar vir 6, 8 en 24 rye, en ook in twee opsies: ‘n vasteraam en opvoubare plukker.

“Die Geringhoff-stropertafel is spesifiek aangepas met bybehore vir boere wat kanola stroop. Jy kan ook sien hoe robuust hierdie tafel ontwerp is. As jy kyk na die voerbande en die skermplate om graanvermorsing te verminder, kan jy sommer sien hierdie is ‘n stropertafel wat kan werk en kan hou. Geringhoff het ook ronde ysters gebruik in die vervaardiging van hulle tafels se rame omdat hulle glo dit is baie sterker.”

Kelly Diamond-kragegreeks

Die Kelly 2006-krageg wat by NAMPO aan boere gewys is.

By NAMPO 2023 het Northmec Implemente die heel eerste Kelly 3009 Diamond-krageg aan Suid-Afrikaanse boere bekendgestel. By NAMPO vanjaar het die 4- en 6-metermodelle gepronk. Bertus vertel: “Hierdie modelle is ook op aanvraag ingevoer en ons is opgewonde om te sien hoe hulle op Suid-Afrikaanse grond gaan presteer.”

Bertus voeg by: “Die Kelly-reeks kom ook met ‘n wye verskeidenheid skottelkonfigurasies. Aan die agterkant van hierdie werktuig is ook ‘n prikkelketting wat agterna gesleep word om die saadbed mooi gelyk te maak.

“Die trekkervereiste om die 6-metermodel te sleep is ongeveer 132 kW en die 4-meter kan jy wegkom met ongeveer ‘n 100 kW-trekker,” verduidelik Bertus.

“Omdat Northmec Implemente deel vorm van Case IH se groter moedermaatskappy, het ons ‘n wye verspreidingsnetwerk regoor die land. Kontak ons of besoek enige Case-handelaar of -tak om toegang te kry tot enige van ons werktuigreekse,” sluit Bertus af.

Vir meer inligting oor Northmec Implemente (NMI) en hulle voorslagtoerusting, besoek hulle webwerf https://www.northmecimp.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0