Categories: NuusPublished On: 21st February 2018

Nog ‘n terugslag vir die Wes-Kaap

By 1 min read
216 words

Eers die droogte, toe die waterkrisis en nou…..’n nuwe pes. Die Departement van Landbou het boere gewaarskudat die indringervrugtevlieg (Bactrocera invadens) by Grabouw in die Wes-Kaap opgemerk is. Hierdie pes kom al die pad uit Asiё.

Op 31 Januarie 2018 is een manlike vlieg van die indringerinsek in die Grabouw-omgewing in ‘n lokval gevind. Nie lank daarna nie, op 6 Februarie, is ‘n vroulike indringervrugtevlieg in dieselfde lokval gevind. Albei is positief deur PCR (polimerase-kettingreaksie) geïdentifiseer. Op 14 Februarie 2018 is ‘n derde indringervrugtevlieg sowat 6 km van die eerste opsporingspunt gekry.

‘n Kwarantyngebied van ‘n radius van 5 km is om die eerste opsporingspunt ingestel. Vrugteplase, asook verpakking- en verwerkingsaanlegte wat deur die pes getref kan word, is onder kwarantyn geplaas. Boere binne die kwarantyngebied sal aansoek moet doen vir permitte om produkte vir verpakking te verwyder of om produkte uit die gebied te skuif. Die permit kan by die Departement van Landbou verkry word.

Die vrugtesoorte wat in gevaar is,  is mango, koejawel, papaja, appel, peer, appelkoos, perske, kersie, druiwe, grenadella, soetrissie, tamatie en pampoengewasse.

Hierdie plaag kan tot voedselonsekerheid, werksverliese, markbeperkings en vele meer lei indien dit nie doeltreffend beheer word nie.

Daar is lokval-emmers langs die paaie in die omgewing geplaas om die pes te vang. Die emmers mag nie verwyder word nie.

Bron: Departement van Landbou

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Categories: NewsPublished On: 21st February 2018

Go to Top