Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 1st December 2025

New Holland Suid-Afrika vier innovasie en erfenis in 2025

By 4 min read
693 words

Die nuutste generasie CR stropers neem strooptegnologie na die hoogste vlak (1)

Die nuutste generasie CR-stropers neem strooptegnologie na die hoogste vlak.

New Holland Suid-Afrika beskou 2025 as ՚n jaar van baanbrekende bekendstellings en historiese herdenkings, wat sy verbintenis tot innovasie en boerderysukses regoor die land versterk. Vanjaar was ons primêre fokus die 50ste herdenking van die grensverskuiwende CR Twin Rotor-tegnologie.

Hierdie tegnologie het oor vyf dekades heen uitgeblink in oesinnovasie, die wêreldlandbou getransformeer en Suid-Afrikaanse boere bemagtig. New Holland roem hom op die uitsonderlike tegnologie wat hom onderskei – van die eerste Twin Rotor-stroper in 1975 tot vandag se nuutste CR PLMi-eenhede en die ongeëwenaarde CR10 wat onderskeidelik by NAMPO en NAMPO Kaap bekend gestel is. Ná die onthulling van die CR10 is demonstrasies in die Overberg-streek gedoen wat New Holland se nalatenskap van doeltreffendheid en produktiwiteit verder versterk het. Na alles, die Twin Rotor-tegnologie het dié maatstaf vir oesprestasie gestel.

Die 50ste herdenking van New Holland se Braud-selfaangedrewe druiweoesmasjiene was nog ՚n merkwaardige hoogtepunt in 2025. Dit vier ՚n halfeeu van innovasie wat wingerdbedrywighede wêreldwyd en in Suid-Afrika se wynstreke getransformeer het. Die nuutste vlagskip Braud 8.50L is by NAMPO Kaap 2025 bekend gestel en lewer oesdoeltreffendheid, operateurgerief en volhoubaarheid aan die volgende generasie boere. Hierdie gevorderde model is ՚n merkwaardige mylpaal in wingerdtegniek.

By NAMPO en NAMPO Kaap het Suid-Afrikaanse boere Raven se nuutste GPS-navigasie, veranderlike toediening en outonome veldbedrywighede ervaar, wat doeltreffendheid en volhoubaarheid bevorder. Nuwe hulpmiddels vir intydseanalise en konnektiwiteit het boere bemagtig om insette te optimaliseer en opbrengste te verbeter onder uiteenlopende plaaslike toestande.

Demonstrasies en opleidingsessies by groot landbougeleenthede regoor Suid-Afrika het Raven se verbintenis beklemtoon om die land se oorgang na slimmer, klimaatbestande boerdery te ondersteun. Vanjaar was deurslaggewend vir Raven in Suid-Afrika, aangesien ons voortgaan om innoverende oplossings te bied wat boere help om baie meer met minder te bereik.

In 2025 is die nuutste T7-trekkerreeks ook bekend gestel by verskeie skoue en boeredae, wat ՚n nuwe era van krag, presisie en volhoubaarheid vir plaaslike boere inlui. Die T7.315 Heavy Duty (HD)-model het uitgeblink met ongeëwenaarde perdekrag en gevorderde presisieboerderyintegrasie. Die Mid-Range T7-eenhede is indrukwekkende, veelsydige modelle van 180 tot 220 pk, toegerus met Tier 3 NEF-enjins.

՚n T7.315 HD-trekker met ՚n BB1290 HD groot vierkantbaler.

New Holland blink uit by boeredae

By die Balfour Boereverenging en AFGRI se hooidag, het New Holland gefokus op sy Big Baler 1290 High Density (HD)-baler wat swaar bale maak vir uitvoer- en kontrakdoeleindes. Die TH7.32 Telehandler wat baie groot bale beweeg en stapel is ook ten toon gestel. Die baler se ontwerp is daarop gemik om produktiwiteit en doeltreffendheid vir plaaslike boere te verhoog.

New Holland het behoorlik gespog by Val Boeredag. Dit was ՚n uitstekende platform om te demonstreer hoe sy groot trekkers krag sowel as slim tegnologie lewer, wat boere bemagtig om vooruit te boer. Hierdie grootraamtrekkers
is bekend vir hul krag en betroubaarheid omdat hulle ontwerp is vir veeleisende landbedrywighede. Die demonstrasies op die dag het die reeks se brandstofdoeltreffendheid en presisie-integrasie beklemtoon en ook gewys
dat die trekkers ՚n groot aanwins in terme van produktiwiteit is – spesifiek aangepas vir moderne Suid-Afrikaanse landboubedrywighede.

Daar was nie genoeg tyd om die nuwe T4FS-boordtrekkerreeks vanjaar aan landbouers bekend te stel nie, aangesien die eenhede wat laat in November in die land aangekom het, dadelik beskikbaar gestel is aan die boere wat hulle reeds bestel het. Die T4FS (Fruit & Specialty)-trekkers is spesifiek ontwerp vir smal rye en beperkte ruimtes, wat hulle geskik maak vir Suid-Afrika se wingerde en boorde. Operateurgerief is aansienlik verbeter deur gevorderde ergonomie, beter sigbaarheid en kajuitopsies wat spesiaal ontwerp is vir lang werksure in uitdagende omgewings en omstandighede.

Die T4FS-reeks verteenwoordig New Holland se toewyding aan gespesialiseerde boerdery en voorsien Suid-Afrikaanse vrugte- en wynprodusente van trekkers wat kompakte ontwerp, krag en volhoubaarheid kombineer. Ons het in 2025 ՚n mylpaaljaar beleef deur ons erfenis met baanbrekerstegnologie te kombineer ten einde boere landwyd te bemagtig. Ons het nie net ons geskiedenis gevier nie, maar ook die toekoms van innovasie vir Suid-Afrikaanse boere.

New Holland Suid-Afrika bly toegewyd aan die bevordering van boerderyoplossings wat erfenis, innovasie en volhoubaarheid kombineer vir die volgende generasie plaaslike landbouers.

Vir meer inligting, besoek newhollandag.co.za of vul die kontakvorm op hul webwerf in om hulle direk te kontak.

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1