New Holland CR-stropers – stroop meer as 50 gewasse!

CR10_90_Revelation_StageV_22_184
Reeds sedert 1975 het New Holland se Twin Rotor™-stropers bewys dat hulle die onbetwisbare markleiers is wat kapasiteit, graangehalte en kragdoeltreffendheid betref. Met die verdere ontwikkeling van die CR-stropers in die daaropvolgende jare, het New Holland hierdie kenmerke verder ontwikkel en verbeter met die nuutste tegnologie vir voortreflike kraglewering, werkverrigting, kapasiteit, graan- en strooigehalte.
Model verskeidenheid
New Holland Suider-Afrika bied die volgende modelle aan:
• CR9.90 (400 kW) toegerus met die 22” rotors en sifarea van 6,5 m²
• CR7.90 (308 kW) toegerus met die 17” rotors en sifarea van 5,4 m²
• CR6.80 (230 kW) toegerus met die 17” rotors en sifarea van 5,4 m²
Top prestasies begin met goeie produkinvoere
Die CR-stroper se materiaalhyser is toegerus met die Dynamic Feed Roll™ (DFR) wat konstante materiaalvloei na die Twin Rotor™ verseker, wat ՚n kragbesparing van 7 perdekrag (5,2 kW) en ՚n kapasiteitverhoging van tot 10% verwesenlik. Met die reguit en egalige vloei van materiaal deur die TwinPitch Rotors™ word die skoonmaakoppervlakte eweredig belaai vir optimale gewas- en materiaalskeiding.
Die Dynamic Feed Roll (DFR) verseker ՚n liniêre spoedaanpassing tussen die werkende modules om selfs groen en nat materiaal te verwerk. Dus kan boere vroeër in die oggende en later in die aande stroop.
Die TwinPitch Rotor™-effek
Die TwinPitch Rotor™-stelsel is ontwerp vir twee belangrike voordele:
• Die rotors: ՚n Konkawe-opening werk altyd met voldoende tussenruimte om ՚n gewas-opgewas vryfaksie te gee wat baie sagter is as gewas-op-staal dorsaksie. Die ontwerp verseker ՚n doeltreffende dorsaksie, veral met hoëvolume-opbrengste.
• Om die beste strooigehalte en brandstofverbruik te verseker, is dit kritiek belangrik dat die gewas wat gestroop word vir die regte tydgreep binne die stroper gehou word – daarom is die CRstropers toegerus met die korter 2,64 m rotorontwerp. Met die kombinasie van die TwinPitch Rotor™ en Dynamic Flow Control™ is daar ՚n aansienlike besparing op brandstof.
CR-DNA – Skoon graanmonster
Die Opti-Clean™-skoonmaakstelsel verseker optimale skeiding tussen skoon graan en ander materiaal. Dit werk in sy eie raamwerk en kan die stelsel gelyk hou selfs al kantel die stroper soveel as 17 grade, dus is die stroper ideaal vir gelyke of ongelyke werksoppervlaktes.
Die RotoThresh™ is die herdorsstelsel buite die hoofdorsarea. Dit versker die maksimum kapasiteit vir alle gewasse. Die materiaal en gewas wat deur die herdorsproses gegaan het, word weer uitgegooi op die skoonmaaksifarea en nie in die hoofdorsarea nie, dus word die hoofdorsarea nie oorlaai nie en die graan word nie beskadig nie.
Opti-Fan™-tegnologie maak op vir die swaartekrageffek op gewasmateriaal. Wanneer die stroper op ՚n gelyke vlak stroop, kan die gewenste waaierspoed gekies word. Daarna sal die waaierspoed outomaties aangepas word wanneer opdraande of afdraande beweeg word.
Voortreflike kajuit
Die stroper se kajuit is ergonomies tog eenvoudig ontwerp, maklik om op te stel, met alles wat nodig is om in beheer te bly en die taak te verrig – niks meer nie en niks minder nie.
Elke verstelling of aksie wat tydens die stroopproses benodig word kan vinnig gedoen word, terwyl al die nodige inligting op die Intelliview IV™-monitorskerms verskyn. Vanuit die kajuit het die operateur ՚n duidelike teaterskermuitsig van die materiaalinvloei na die stroper.
Met die fyngraanstroopseisoen wat kom, staan die New Holland CRstropers gereed om weereens gewasse van die land af te haal met die heel beste gehalte, produktiwiteit en optimale brandstofverbruik.
Eenvoudig, maklik en gerieflik – New Holland se CR Revelation-stropers!
Vir meer inligting, besoek www.newholland.com/za of kontak Derrick Coetzee, produkbemarking spesialis: Oes- en Hooitoerusting Suider-Afrika (+27)82-524-7447.