Categories: Artikels, VeilingsPublished On: 19th September 2023

Nasionale Brahman veiling weer witwarm

By 2 min read

20230909_105908

Op 9 September 2023 het die jaarlikse Nasionale Brahman veiling weer 2023 plaasgevind by Parys Afridome. Die trots en harde werk van elke lid en die genootskap was merkwaardig. Die wind was uit Brahmanboere en veilingsgangers se seile geslaan met die top diere en genetiese lyne wat vanjaar aangebied was. Die Brahmangenootskap se Rasdirekteur, Sytze Smit, vertel: “Die veiling se sukses is geheel en al te danke aan die telers wat hoë gehalte Brahmane op die veiling aangebied het”

“Die kopers en verkopers verdien weereens my opregte gelukwensing. Die verkopers het uitstekende diere op die veiling aangebied,” sê BKB se afslaer, Gert Jordaan.

Gert is vol vertroue dat alle kopers op die veiling met ’n geruste hart vanaf die veiling, huiswaarts kan keer, met die wete dat hulle aankope net ’n aanwins sal wees vir hulle kuddes.

So slaan die hamer op die veiling toe:

Bulle:

Die duurste bul (HOT20105), Breedplan wenner van die verkoper, Linde du Plessis (Brandwater boerdery), is vir R420 000 verkoop aan Nedibest Brahman Stoet – Louma Boerdery.

Gemiddeld:

  • 13 Top Brahmanbulle is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R128 384.62. Duurste Brahmanbul van Brandwater Boerdery, Lot 12 (Brandwater Mr HOT20105) is vir R420 000 verkoop.
  • 70 Semenstrooitjies is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R 1 842.86. 10 Saadstrooitjies is verkoop teen R3500 elk van top Brahmanbul Grandview Sugarland.

Vroulike diere

Lot 15, Welcare Miss 899 is die Super Koei (Duurste Vroulike dier op aanbod) Kampioen in 2023 by die Nasionale Brahman kampioenskappe. Sy was aangebied deur Willie Jocobs en is verkoop vir R220 000 aan Paul Pienaar.

  • Die duurste dragtige stoetkoei en kalf (3-in1) van Serfontein Boerdery, Lot 11 is verkoop vir R200 000.
  • 7 Top Brahmankoeie en kalwers is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R81 428.57. Die stoetkoei en kalf van Ghaap Landgoed Pty Ltd, Lot 1 (Ghaap Lady Jennt 153) is verkoop vir R90 000.
  • 6 Top dragtige Brahmankoeie is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R82 833.33. Die duurste dragtige koei van Lobram Boerdery cc, Lot 14 (Lobram Mej Beauty) is verkoop vir R100 000.
  • Die duurste koei en embrio’s van WJ Boerdery, Lot 15 (Welcare Miss 899) is verkoop vir R220 000.
  • 6 Top oop Brahmanverse is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R46 000.00. Die duurste oop vers van Homewood Boerdery Pty Ltd, Lot 39 (Homewood 22 93) is verkoop vir R50 000.
  • 9 Top dragtige Brahmanverse is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R61 666.67. Die duurste dragtige vers van Lobram Boerdery cc, Lot 55 (Lobram Mej Lobram Sonika) is verkoop vir R160 000.

As jy jou veiling wil bemark kontak:

Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com

Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment