Categories: NewsPublished On: 5th October 2015

Nampo: Van varkvleis tot vuurvegters

By 5 min read
933 words

Nampo se geesdriftige uitstallers het van varkvleis tot vuurvegters gebied.

 

“As jy kan bewys dat jy varkboerdery in ’n gesonde omgewing kan toepas en as jou naspeurbaarheidsketting gereed is, het die kleinhandelaars geen probleme met ons as produsente nie, sê dr Danie Visser. Dr Visser, sy vrou Elsabe en Shaun Mockford staan by een van Mockford Fams se indrukwekkende bere.

 

Afrox verkoop nie net gas,  toerusting en sweisstawe nie, hulle lewer ook onregstreeks ondersteuningsdienste aan boere in die vorm van tegniese opleiding vir sweisers. Johan Pieterse, bemarkingsbestuurder van Afrox, sê dat tegniese opleiding die pad na vooruitgang is en daarom ondersteun Afrox tegniese skole. Sodra die onderwysdepartement volgende jaar weer tegniese vakke terugbring en sodoende weer ’n fokus op ambagte gaan plaas, is Afrox gereed om werkswinkels te bou en onderwysers op te lei.

Thembi Nkosi Matyeka is Afrox se toepassingsondersteuningspesialis. Hy is ook sweisbeoordelaar en is al aangewys is as Suid-Afrika se jongsweiser van die jaar, wat die land al talle kere oorsee verteenwoordig het.  Hy en Johan staan by ’n MIG-sweismasjien (gasmetaalboogsweismasjien) wat ’n goedkoper, makliker, beter sweiservaring aanbied. Baie boere skakel nou oor na hierdie stelsel.

 

 

Agricol is ’n saadmaatskappy wat soja-, sonneblom-, mielie- en graansorghumsaad verskaf  . 50 jaar gelede het hulle ook die grassaadmark betree met weidingsaad en kleingraan soos lusern, hawer, raaigras, oulandsgras en smutsvinger. “Ons hoofkantoor is in Brackenfell met takke regoor die land, en ons het ’n aantal kwekers wat ons saad vermeerder,” sê Franco Marias, Agricol se bemarker in Noordwes.

Anina Snyman  is bemarkingsbestuurder, Cornel Cronjé is produksiebeampte vir sojabone , Guy Watson is verkoopsbestuurder in die suide van KwaZulu-Natal en Franco Marias is bemarker vir Noordwes.

 

 

MAN het ’n lekker grootte bus vir boere wat werkers moet vervoer. Die bus is lekker stewig en duursaam en kan homself op grondpaaie handhaaf. “Ons het ‘n markaandeel van meer as 45% in Suid-Afrika en ons bou 500 busse per jaar in ons fabriek in Olifantsfontein,” sê Geoff du Plessis, besturende direkteur van MAN.

“MAN- en Volkswagentrokke word onder die MAN-banier in Suid-Afrika bemark. Ons kry byna geen waarborgeise op MAN/Volkswagentrokke nie. Dit is nie ingewikkelde voertuie nie, maklik om te onderhou en gereed om Afrika te trotseer,” sê hy. Links van hom staan Arshad Hassim, finansiële direkteur, en  Neels Holtzhausen, streeksverkoopsbestuurder in Bloemfontein.

 

 

Basie Hitge van Bearing International is in Kroonstad gestasioneer. “95% van ons kliënte in Kroonstad is boere en sekondêre landbouondernemings soos meulens. Al ons laers word ingevoer en baie van ons produkte kom van Sjina en Indië, wat deesdae uitstekende gehalte kan bied.”

“Alhoewel daar geen laerfabrieke in Suid-Afrika is nie, vervaardig ons wel ratte en stroperkomponente wat ons verkoop,” sê hy.

Basie en Gerrit Pienaar, gebiedsbestuurder in die Vrystaat, staan by hulle indrukwekkende bewegende uitstalling op Nampo.

 

 

“Nie alle voerkrale weier om Afrikaners-speenkalwers te koop nie!” Dit is die woorde van Jacques Steenkamp, bemarker van die Afrikaners. Ons sal binnekort ’n lys publiseer van slagplase wat wel Afrikaners ontvang. Omdat die vleisgehalte van die Afrikaner so goed is, is daar baie belangstelling vanuit die BRICS-lande.  Ons ras is een van dié met die sagste vleis in die land. Die Afrikaner het ook ’n baie laer metaangasvoetspoor as die Europese rasse. Ons is ook besig om te woeker met veldvleis om dit teen ’n premie te verkoop.

Agter staan Adriaan Cloete van Grassfed SA; Jacques Steenkamp, bemarker van die Afrikaners, Ben du Plessis, teler van Koppies;  Lauren Tissier, rasdirekteur en  Jacques se kinders, Chené en Jaen Pierre.

 

 

Paul Bester is baie beïndruk met die gehalte van die diere op Nampo en die baie moeite wat die uitstallers gedoen het. “Ons Pinzgauer/Pinzyl-ras groei lekker en het  oor die afgelope twee jaar meer as ’n 100 nuwe telers bygekry, maar dit is ’n groot werk om ondersteuning te bied en om die teelprogram op koers te hou. Lourens de Jager is ‘n teler en Paul Bester is rasdirekteur.

 

 

Connie van Vuuren is vise-president van die Beefmaster-telersgenootskap en boer buite Wolmaransstad. “Oral waar mense ons mooi beeste sien, stop hulle om vrae te vra. Ook by Nampo het ons het baie goeie navraag gekry. Ons het die afgelope agt jaar die beste in Suid-Afrika gegroei. Ons het begin by 14 000 geregistreerde koeie en staan nou op 33 000,” sê Connie. Peet Koekemoer boer saam met Connie en staan baie trots by een van hulle stoetbulle.

 

“Ons kliënte is baie tevrede met ons werktuie wat vir jare en jare net aanhou en uithou en daarom kom kyk hulle graag na wat nuut is. Een van ons nuwe produkte is die Amazon-hoëspoedstoppelbewerker en ’n kompakte skotteleg wat baie belangstelling getrek het,” sê Elaine van der Westhuizen, bemarkingsbestuurder van Falcon.

Die werktuig werk uitstekend vir saadbedvoorbereiding of tydens na-oes om die stoppels af te sny. Hy kan ook drie meter smal opvou.

Die Falcon-span is Hendrik du Preez, Hennie van Romburgh, Wessel Vosloo, Elaine van der Westhuizen, Ruben van der Merwe en Amanda Strydom.

 

 

Davey het 80 jaar gelede in Australië begin om kragopwekkers te bou en het toe uitgebrei na elektriese pompe. 25 jaar gelede het Davey enjinaangedrewe vuurvegters na Suid-Afrika begin uitvoer en drie jaar gelede het hulle ’n ooreenkoms met Safequip aangegaan om hulle produkte eksklusief in te voer en te versprei. “Vanaf  100% enjinaangedrewe pompe bou ons nou 30% enjinaangedrewe en 70% elektries,” sê Murray James van Davey.  “Die mense wat ons besoek soek waarde vir geld, gehalte pompe en ’n produk wat hulle tussen 10 en 20 jaar gaan hou.” Hy het spesiaal u
it Australië Nampo toe gekom en staan langs Henriëtte Jordaan en Charles Dickens van Safequip.

 


 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0