NAMPO 2022 – saam beweeg ons vorentoe

JD_6B
Deur genade en in eervolle herinnering aan hulle wat nie meer met ons is nie, is ons dankbaar en verheug om hierdie jaar weer volstoom met NAMPO voort te gaan. Ons as mense is geskape om met mekaar in aanraking te wees, om te deel, om te luister, om om te gee en die samesyn te geniet.
Om die redes sien ons daarna uit om elkeen weer vanjaar by NAMPO te verwelkom by ons John Deere-standplaas. Behalwe vir produkinligting en inligting rondom tegnologie en landbou-oplossings wat ons graag sal wil deel, sien ons daarna uit om mekaar weer van aangesig tot aangesig te sien en in te haal oor wat in ons omgewings gebeur het die afgelope twee jaar … en veral om toekomsplanne uit te ruil.
Gedurende die afgelope twee jaar het John Deere wêreldwyd sy fokus verskuif vanaf ՚n platform- of produkbenadering na ՚n produksiestelselbenadering. Dit beteken dat die kombinasie van toerusting, tegnologie en dienste wat John Deere en sy handelaars bied, vir ons boere en kliënte ekonomiese, agronomiese en volhoubaarheidswaarde tot hulle totale produksiestelsel byvoeg. Dit sluit in die stappe wat in die produksieproses gevolg word en elke taak wat verrig moet word.
Die inligting wat ingesamel word, bied boere die vermoë om deur elke stap van die produksieproses beter en meer ingeligte besluite te neem.
Daarmee wil ons seker maak dat elke saadjie, pit of korrel wat geplant word tel, elke druppel water tel en elke saad of korrel wat geoes word tel. Hierdie beginsel is noodsaaklik om volhoubaarheid te verseker, veral in die huidige en toekomstige uitdagende tye waar insetkoste en onsekerhede almaardeur toeneem.
Om hierby aan te sluit, is John Deere op die voorpunt van nuwe tegnologiese onwikkellinge wêreldwyd en alhoewel dit alles nie dadelik in ons mark beskikbaar gaan wees nie, sal ons meer inligting hieroor by ons tegnologie-uitstalling deel. Tegnologie wat wel reeds beskikbaar is, sluit in JDLink, Operations Centre, oplossings ten opsigte van naverkopediens en vroeë foutopsporing, sowel as verskeie presisieboerdery-oplossings.
Meer inligting hieroor gaan op ՚n eenvoudige en verstaanbare wyse gedeel word, want soos reeds genoem, data en inligting, en die korrekte aanwending daarvan as ՚n geïntegreerde oplossing saam John Deere se masjinerie, is noodsaaklik om toekomstige volhoubaarheid te verseker.
In elk van die vier graanproduksieprosesstappe word toepaslike nuwe tegnologie en toerusting gedeel en tentoongestel.

Aan die toerustingkant kan die 8RX-trekker met dubbelkruipbande aan elke kant vir die eerste keer by NAMPO besigtig word. Die trekker is reeds beskikbaar in die mark en het homself deur en deur in ons omstandighede bewys. Daarmee saam, kom besigtig en leer meer oor ons nuutste stropertegnologie, ook waar ons nie terugstaan met betrekking tot stroperkapasiteit nie, en verseker dat oeste doeltreffend van die land afgehaal word binne die toelaatbare tydperke.
Hiermee saam word die nuutste tegnologie rondom selfaangedrewe spuite gedeel.
John Deere se 6B-reeks trekkers is ideale werkesels vir ons plaaslike toestande en modelle wissel tussen 71 en 102,5 kW, wat hulle ideaal maak vir toepassings in gewasverbouing, die suiker-, vee- en suiwelbedryf en algemene plaaswerk. Kyk uit vir ՚n spesiale promosie op hierdie trekkers.
In die stal van kleiner trekkers wys ons die 5E-reeks 3- en 4-silindertrekkers waarvan die 5075E-3-silindermodel 56 kW al vir die afgelope maande die topverkoper van alle trekkermodelle in Suid-Afrika is! Kom verstaan waarom dit so is en bou herinneringe van NAMPO 2022 saam die model.
John Deere Financial loods ook hulle opwindende nuwe sakemodel op NAMPO. Kom gesels gerus met die kundiges rondom hierdie model wat ՚n beter ervaring en dienslewering, asook mededingende koerse bied vir produkfinansiering.
John Deere se handelaars en naverkopedienste stel ons klante se behoeftes op die voorpunt en hulle staan gereed om meer inligting en oplossings te deel. Daar gaan meer inligting gedeel word oor PowerGard™, John Deere se verlengdewaarborgplanne op trekkers, spuite en stropers.

Op enige plaas is daar voortdurend herstel- en konstruksiewerk wat gedoen moet word, of dit nou aan strukture, paaie, damme of landerye is. Om hierop te antwoord kan, vir die eerste keer op NAMPO, John Deere se reeks konstruksiemasjiene en -oplossings besigtig word.
Kom leer meer oor die nuutste tegnologie in die konstruksiebedryf en hoe hierdie masjinerie die werk op jou plaas kan vergemaklik.
Wat is vir ons as mense belangrik? Om deur ons gesamentlike strewe na uitnemendheid en volhoubaarheid ՚n positiewe verskil, nie net in ons pragtige land nie, maar ook oor die ganse wêreld te maak, en daardeur die aarde te bewaar vir ons nageslag.
Ons almal is saam op die reis om ons drome en ideale te verwesenlik en ons sien werklik daarna uit om dit saam jou aan te pak tydens NAMPO 2022!
Vir enige navrae of bykomende inligting, kontak africa@johndeere.com, skakel +27(0)-11-437-2600, of stuur ՚n e-pos aan breedthentie@johndeere.com.