'n Niks~nonsies sonneblomtafel is 'n oes in die sak
As die sonneblomme hulle ryp koppe laat sak en hulle nekke in afwagting ontbloot, is dit tyd vir ernstig stroop. ’n Boer is dan gewoonlik haastig om die vrug van sy arbeid in geld te omskep en dan is daar nie tyd vir rondhardloop agter probleemwerktuie aan nie.
Gerhard Niehaus, ’n voormalige boer uit Zimbabwe wat sy landboukennis in moeilike omstandighede bymekaargemaak het, is nou plaasbestuurder op Johan Botes se plaas by Makoppa, noordwes van Thabazimbi.
Gerhald Niehaus van Thabazimbi is die man wat hier agter die stroper se mikke ingeklim het om Agri Afrika se rewolusionêre nuwe Ombu-sonneblomtafel te toets. Hy is in sy noppies met die resultaat.
Hy plant sonneblom in ’n wisselboustelsel op ’n turfland van 1 000 hektaar, en moes op Nampo ’n nuwe sonneblomtafel gaan soek om sonder sukkel te stroop.
Een maatskappy wat sy vinger op die pols het as dit kom by topgehalte landbouwerktuie lewer, is Agri Afrika. Hulle verstaan die gewigtigheid van oestyd en het derhalwe die rewolusionêre Ombu-sonneblomtafel uit Argentinië ingevoer. Die tafel is tydens Nampo gedemonstreer en Gerhard het dadelik gesien hoe die tafel vooraan sy stroper die seisoen op ’n hoë noot sal afsluit.
“Ek ken Agri Afrika al baie lank en ek ken hulle produkte. Dit was dus baie maklik om my besluit net daar op NAMPO te maak,” sê Gerhard. “My eerste indrukke was dat die tafel baie stewig en die materiaalgehalte baie goed is.” Hy het ook dadelik getoets hoeveel stremming die tafel op die stroper sou plaas. “Toe ek die tafel se ratte sommerso met die hand kon draai, het ek geweet dit gaan kinderspeletjies vir die stroper wees om hom aan te dryf.”
Die Ombu-sonneblomtafel werk so lig dat Gerhard Niehaus, Gerhald se pa, sy aandryfas heel maklik met die hand draai as die stroper uit rat is. Gerhald en Gerhard Niehaus sien kans vir nog baie seisoene met die uithaler-sonneblomtafel van Agri Afrika.
Op die plaas gekom, kon Gerhard die tafel binne minute aan die stroper monteer en die hidrouliese koppelstukke en twee kragaftakaste koppel. “Die verstellings aan die tafel is eenvoudig en minimaal en die snyhoogte stel ook vinnig en maklik,” sê hy. Die stroper draf met gemak teen tien kmu deur die sonneblom en huiwer of sluk glad nie, terwyl die skoonmaakflappe aan die tafel se tande sorg dat nie ’n enkele kop verlore gaan nie.
Onderhoud loop hand-aan hand met ’n rustige strooptyd en elke 50 uur is daar ’n paar ghriesnippels wat geghries moet word, asook die normale daaglikse inspeksies.
“Die naaste Agri Afrika-tak is in Pretoria, maar die Agri Afrika-span bel gereeld om uit te vind hoe hulle tafel presteer. Sulke naverkopediens maak my altyd vol moed vir die toekoms en alhoewel daar nog niks met die tafel fout gegaan het nie, is ek oortuig dat Agri Afrika bankvas agter my staan,” sê Gerhard.
“In ’n neutedop gaan dit vir my oor die sterkte van die tafel en die gemak waarmee hy aangedryf word,” sê hy.
Die man om mee te praat as jy meer van hierdie geen-nonsies sonneblomtafel wil weet, is Marius Tolmay. Skakel hom by 083-581-5709 of 012-541-1121 of marius@agriafrika.co.za