Categories: NewsPublished On: 5th October 2015

MPO nuus: Sukkelende melkpryse

By 1 min read
233 words

Melksake lyk wêreldwyd maar beroerd en Suid-Afrikaanse melkboere wat aan Clover, Danone en Tip Top lewer gaan hard geslaan word. In Nieu-Seeland gaan werknemers van Fonterra dalk ontslaan word weens lae melkpryse.

Melkkopers Clover, Danone en Tip Top het onlangs verlagings in produsentepryse aangekondig. Tip Top en Danone het hulle pryse vanaf 1 Junie 2015 verminder met ‘n gemiddeld van 20 sent per liter. Clover se produsentepryse sal vanaf 1 Augustus 2015met 30 sent per liter daal. Boere sal weer die spreekwoordelike haas uit die hoed moet trek en die MPO se uitvoerende hoof, dr Chris van Dijk, sê in situasies soos dié moet melkprodusente op die benutting van alle beskikbaar hulpbronne fokus om elke dag maksimum melkproduksie te verseker.

Die Nieu-Seelandse suiwelkoöperasie, Fonterra, het aangekondig dat hy mense gaan moet aflê weens die wêreldwye dalende melkprys. Daarbenewens het die vraag na babaformule en ander suiwelprodukte in Sjina en ander lande afgeneem, wat verdere druk op Fonterra se inkomste en uitvoerstrategie plaas.

Die HUB van Fonterra, Theo Spierings, het in ‘n verklaring gesê: “Ons erken die behoefte om ons besigheid dienooreenkomstig aan te pas. Wat in die verlede gewerk het, werk nie noodwendig vandag nie. Ons sal geen steen onaangeroer laat nie. Dit sluit in ons huidige personeelgetalle en hoe ons kontant terug aan ons boere gaan gee.” Die beplande afleggings is deel van ‘n hele herstrukturering van die koöperasie, sê Spierings.

Bron MPO

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0