Categories: NewsPublished On: 11th November 2014

Monsanto se Acceleron dokter jou saad vanaf dag een

By 2 min read
428 words

Weerstandige peste en plae kan vir boere eindelose ellende veroorsaak. Gelukkig bly Monsanto  ‘n tree of twee voor die peste en plae en sorg hulle elke jaar dat die volgende seisoen se oeste vir boere ‘n positiewe bankbalans beteken.

“Saadbehandeling het ‘n ryke geskiedenis en daar is al in die 1700’s begin kyk na chemiese maniere om saad te beskerm. Dit is tans een van die vinnig groeiendste bedrywe in die wêreld en oor die afgelope tien jaar is geweldig baie nuwe produkte ontwikkel om saad te beskerm. Vandag het ons baie goed nagevorsde en ontwikkelde produkte en baie gesofistikeerde molekules as grondslag in die chemiese stowwe wat aangewend word,” sê Gert Heyns, bemarkingsbestuurder van Monsanto tydens die onlangse loodsing van Acceleron, ‘n volledige rewolusionêre saadbehandelingspakket.

Boere en joernaliste luister belangstellend na die sprekers tydens die bekendstelling van Monsanto se Acceleron-saadbehandelingspakket.

“Acceleron is ‘n handelsmerk wat ‘n voortgesette verbintenis met die boer verseker om opbrengs te verhoog en omgewingsdruk te verminder terwyl saad nie meer aan die genade van die natuur oorgelaat nie,” sê hy. “Acceleron is ‘n volledige behandelingspakket wat van dag een af werk as dit reg aangewend word. Dit bied beskerming teen verskeie aalwurms, insekte en grond- en saadgedraagte siektes en werk saam met die boer om slegs die beste uit sy Dekalb saad te kry.”

Die Tegnologiese Ontwikkelingspan (TD) van Monsanto het al sedert 2010 deurtastende toetse op produkte van verskeie gifmaatskappye gedoen om seker te maak dat net die beste komponente in die  Acceleron pakket gebruik word en om ook te verseker dat die verskillende komponente nie teen mekaar werk nie. Daar is plaaslike plaas-, tonnel- en laboratoriumtoetse gedoen gedoen om 100% seker te maak dat boere nie in die steek gelaat sal word in die kritieke tyd van saadgroei nie.

“Acceleron is deel van die jongste tendens wat ‘n reuse voordeel vir saadbehandeling bied, naamlik die toediening van ‘n lae dosis aktiewe bestanddeel om die vroeë stadium van saadgroei te optimiseer en te bevorder. Die saad word dan so gou moontlik die beste beskerming gebied. Dit beteken dat groot oorhoofse bespuitings later verminder kan word wat die invloed op die natuur en omgewing baie kleiner te maak.

Die boer kan een van drie pakkette kies, ‘n gewone swamdoder pakket, ‘n insekdoderpakket met ‘n  swamdoder ingesluit en en aalwurmdoderpakket wat ‘n swamdoder en insekdoder insluit.

Hy het ook aangekondig dat die 15 verskillende pitgroottes wat voorheen beskikbaar was, nou  verminder na slegs 8 om beskikbaarheid te vergemaklik.

Gert Heyns, bemarkingsbestuurder van Monsanto en Magda du Toit, mediaskakelbeampte by die loodsing van die Acceleron saadbehandelingspakket.

 

 

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0