Categories: NewsPublished On: 6th December 2016

Monsanto gee wenke vir bestryding van onkruid na die laat reën

By 4 min read
831 words
Monsanto

monsanto-logo

In baie dele van die land het die reën vanjaar saam met planttyd gekom.  In sommige dele van die somergewas-produksiegebiede het dit produsente onder druk geplaas om so gou as moontlik binne die optimale plantvensterperiode te plant.  Dit het egter addisionele aspekte  ten opsigte van onkruidbeheer meegebring wat in gedagte gehou moet word.

Produsente moes die afgelope paar jaar baie uitdagings hanteer en stygende insetkoste afweer.  Dit is so dat insette optimaal bestuur moet word, maar des te meer is dit belangrik dat produsente moet fokus op produkte wat deur die jare bewys het dat die kwaliteit en werking betroubaar is en wat deur ‘n goeie na-verkoopdiens ondersteun word.  Gewasskade as gevolg van die gebruik van onbeproefde produkte wat aanvanklik lyk of dit ‘n paar rand goedkoper is, moet ten alle koste vermy word.  Daar is geen sin daarin om met aanvang van die seisoen ‘n paar rand te spaar, maar om dan later met gewasskade en gevolglike opbrengsverliese gekonfronteer te word nie.

Produsente moet die volgende so ver moontlik probeer uitvoer:

  • Indien moontik moet ‘n voor-plant bespuiting gedoen word, maar indien dit nie moontlik is nie, moet lande bewerk word sodat die seisoen met ‘n skoon onkruidsaadbed afskop.
  • Spuit ‘n voor-opkoms onkruiddoder soos Bullet® en GuardianS®  of GuardianS en ‘n triasien/mesotrioon wat dan na ‘n maand met Harness® en nog triasien of mesotrioon  opgevolg word in ‘n poging om verlengde beheer te kry en om onkruiddruk so laag as moontlik te hou sodat die gewas-saailinge sterk kan ontwikkel sonder onkruidkompetisie.  Dit is veral van belang wanneer daar mielies geplant word wat nie die Roudup Ready®-geen bevat nie.
  • Plant Roudup Ready®-gewasse wat dit gerieflik maak om later ontkiemende onkruide te  beheer.
  • Onthou om onkruiddoders met ‘n nawerking saam met die Roundup PowerMax® te spuit wanneer Roudup Ready®-gewasse gespuit word.

In gedeeltes van die land waar toestande sodanig was dat produsente voor-plant kon spuit, is gevind dat daar waar Roundup PowerMax®  saam met Pantera® en Silwet® gespuit is vir opslag Roudup Ready®-mielies,  onkruide baie goed beheer is.  In gevalle waar daar voor-plant gespuit is vir algehele onkruidbeheer, veral vir kweek, is opvolgbespuitings met Roundup PowerMax® egter steeds nodig veral vir die beheer van kweek en nuwe ontkiemende breëblaar- en grasonkruide.

Uintjies moet altyd gemoniteer word want ‘n ekstra bespuiting kan nodig wees vir goeie beheer.  Laat-ontkiemende kankerroos en oliebome benodig atrasien en terbutielasien soos in Bullet saam met ‘n opvolgbespuiting van weer Bullet en Harness Xtra, maar die nadeel is dat daar later slegs weer mielies geplant kan word as gevolg van die risiko vir nawerking.

Dit is krities dat produsente ook let op die volgende:

  • Lees die etikette noukeurig en volg die instruksies stiptelik.
  • Let op wagperiodes wat geld in geval van onkruiddoders wat op die vorige gewas gebruik is.
  • Onthou dat die beveiligers van verskillende vooropkoms-onkruiddoders verskil – met die gereelde reën kan die onkruiddoders maklik tot by die pit loog en kan middels met swak beveiligers opkomsprobleme veroorsaak.
  • Reën koel ook die grond af en wisselende grondtemperature kan opkomsprobleme veroorsaak
  • Dit is altyd belangrik om jou volgende gewas in ag te neem by die keuse van onkruiddoders.

Deur goeie onkruidbeheerpraktyke te volg kan die ontwikkeling van onkruidweerstand ook vertraag of selfs verhoed word.  Dit is belangrik om die volgende praktyke na te volg:

  • Goeie onkruidbeheer verminder onkruidgetalle op die land. So word die kans verminder dat daardie plante wat natuurlik moeilik beheerbaar is, oorleef.
  • Effektiewe onkruidbeheer met behulp van onkruiddoders begin by nougesette navolging van aanbevelings wat op produk-etikette verskyn.
  • Wissel onkruiddoders af. Gebruik middels met verskillende meganismes van werking.
  • Tenkmengsels van meer as een produk wat meer as een meganisme van werking het, is ‘n goeie opsie om te gebruik, mits die vereistes op die etiket gevolg word.
  • Onkruidbeheer moet geskied vanaf voor-opkom van die gewas tot voor-oes.
  • Onkruidgrootte bepaal die onkruiddoderdosis.

Wanneer onkruide moeilik bly om te beheer en weerstand vermoed word, is dit noodsaaklik om kenners nader te roep om seker te maak wat die oorsaak van die probleem is.

Riglyne vir weerstandsbestuur is opgestel en beskikbaar by Croplife SA / AVCASA (tel: 011-805 2000).

Gevalle van vermeende onkruidweerstand of van moeilik-beheerbare onkruide kan by Dr Charlie Reinhardt, die projekleier van die South African Herbicide Resistance Initiative (SAHRI) wat in die Departement Plant- en Grondwetenskappe aan die Universiteit van Pretoria bedryf word, aangemeld word.   SAHRI se webadres is: http://www.up.ac.za/south-african-herbicide-resistance-initiative-and-best-agricultural-practices-at-up

Suksesvolle onkruidbeheer word bepaal deur die  kombinasie van die regte produkte.  Roundup PowerMAX® plaas jou in beheer van onkruide in Roundup Ready® stelsels, maar dit is wys om nie  Roundup PowerMAX® as enkelproduk in so ‘n stelsel te gebruik nie.

Roundup PowerMax® bevat 540g glifosaat/lt. Versigtig. Reg. Nr. L7769 (Wet Nr. 36 van 1947). Roundup Turbo® bevat 450 g glifosaat/lt.

Bullet®  L 5623

GuardianS®   L4862

Pantera® L6451

Silwet L6145

Roundup Ready®, , Roundup® Turbo, Roundup PowerMAX®, Bullet® en GuardianS®  is geregistreerde handelsmerke van Monsanto LLC.

Panthera® en Silwet® is geregistreerde handelsmerke van Arysta

Raadpleeg altyd die produketiket.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0