Categories: NewsPublished On: 29th August 2016

Monitor jou koeie

By 1 min read
264 words

SONY DSC

SONY DSC

Gesondheidsbewuste mense gebruik graag armbande of ander toestelle om hulle treë te tel en hartklop of temperatuur deur die dag te monitor. Dieselfde tegnologie word nou ook ingespan vir boere met min hulpbronne om hulle produktiwiteitsvlakke in die melkstal te verhoog.

E4 Technologies van Islamabad, het onlangs ‘n nekbandmonitor vir koeie, genaamd die Cowlar bekendgestel, wat hulle hoop Pakistan se melkbedryf sal verbeter. Die gemiddelde opbrengs per koeie is tans maar tussen  4 en 5 liter melk per dag, hulle wil dit verbeter.

Volgens TechInAsia hoop E4 Technologies om hulle melkopbrengs met 15% deur hulle toestel te verhoog .

TechInAsia sê die Cowlar monitor konstant die temperatuur en gedrag van diere deur bewegingsensors wat koeie se eet, slaap, paring en ander betekenisvolle aktiwiteite bestudeer. Die data word dan in ‘n algoritme teruggevoer na ‘n sonkrag-aangedrewe opvanger binne ‘n 4 km-straal, wat die gesondheid van die koei, haar hittesiklus en onreëlmatighede in haar gedrag bepaal.

Die Cowlar se grootste trekpleister is die feit dat dit ontwerp is vir boere wat nie noodwendig toegang tot rekenaars of die internet het nie. Die Cowlar-pakket sluit ‘n geïntegreerde sonkragstelsel in wat die data outomaties ontleed en dan ‘n teksboodskap na die boer se selfoon toe stuur met aanbevelings hoe om sy koeie te bestuur.  Meer tegnologies gevorderde kliënte kan toegang tot ‘n aanlyn-paneelbord kry, sodat hulle boodskapwaarskuwings na werkers kan stuur.

Al is dit nog in ‘n beginfase, het E4 Technologies reeds om en by ‘n 1 000 van hierdie toestelle teen ongeveer  R1 000 elk verkoop.

Besoek Cowlar se webtuiste by: http://www.cowlar.com vir meer inligting.

Bron: Hill+Knowlton Strategies

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0