Categories: NewsPublished On: 25th November 2010

Mielies-en-soja:-Abacus®-beskerm-en-vermeerder-jou-oes!

By 3 min read

Skitternuus vir mielie- en sojaboere is dat Abacus® nie net oeste teen siektes en stremmingsfaktore beskerm nie, maar ook ’n groter oes van ’n beter gehalte verseker.

Abacus® word deur die wêreld se grootste chemiese maatskappy, BASF,
vervaardig en gerugsteun.

So dra Abacus® by om met beter saadgehalte en groter eenvormigheid vir die boer ’n groter-, opbrengs van ’n hoër graad te lewer.

Boere doen reeds alles in hulle vermoë om optimale grondvrugbaarheid te verseker, die jongste en beste plantgenetika te benut en om gevorderde landboukundige praktyke in te span om groter oeste van ’n beter gehalte te behaal – veral in die lig van die immer stygende insetkoste.

Abacus® gee hierdie strewe van die boer ’n hewige hupstoot met die volgende:

  • Verminder die siekterisisko wat hoë plantpopulasies meebring
  • Verminder verlies aan groeikragtigheid weens koue weer
  • Verminder agteruitgang van stronk- en stamsterkte en ander gehaltefaktore wat stremmende omgewings faktore meebring
  • Verminder agteruitgang van plante en afgradering van graan as gevolg van siektes, droogte, koue en hael

Sodoende dien Abacus® as ’n hulpmiddel om maksimum opbrengs en gehalte te verseker, deur ’n breë spektrum plantsiektes te beheer, plantgroeidoel-treffendheid te verbeter en weerstand teen stremming te verhoog.
   
En dis nie sommer net praat nie –  Abacus® is een van die mees nagevorsde swamdoders beskikbaar. Plantpatoloëe, landboukundiges en boere het dit deeglik getoets en voordele wat nie tydens die ontwikkeling van die produk opgemerk is nie, aangemeld.

Hierdie wye reeks voordele sluit in verbeterde netto-fotosintese, meer doeltreffende bemestingbenutting, uitstekende siektebeheer, pro-aktiewe verdedigingsmeganismes, beter weerstand teen koue en droogtes, herstel na hael, weerstand teen omval en verbeterde gehaltekenmerke.


Kyk net wat Abacus® vir sojabone kan doen. Na 13 dae sonder water is die plant wat met Abacus® behandel is merkbaar frisser as die onbehandelde plant.

Deeglike proewe is in kweekhuise en laboratoria, sowel as in werklike plaastoestande gedoen. Hierdie proewe het onweerlegbaar aan die lig gebring dat Abacus® die volgende doen:

  • Verbeter gewasse se opname van stikstof
  • Verbeter doeltreffendheid van fotosintese
  • Aktiveer plantbeskerming teen siektes
  • Verhoog plante se weerstand teen bakteriële infeksie en virusse
  • Inhibeer etileenproduksie, wat die natuurlike reaksie op stremming beperk
  • Verbeter plantgroeikragtigheid gedurende droogtestremming
  • Verbeter doeltreffendheid van waterbenutting
  • Verhoog weerstand teen koue en ryp
  • Help plante om te herstel na hael
  • Verbeter weerstand teen osoonskade
  • Verbeter graan- en pitgehalte
  • Verminder omval

By mielies word Abacus® in die V5 tot V7-groeistadium toegedien teen ’n dosis van 1,6 ℓ/ha. In gebiede met ’n hoë siektedruk, moet daar net voor die pluimstadium Duett® as opvolgbehandeling toegedien word. Dit is ten volle versoenbaar met Roundup en ander
oesbeskermingsprodukte.

By sojabone moet Abacus® toegedien word net voor of tydens die verskyning van die eerste blomme, teen ’n dosis van 1 ℓ/ha. Nog ’n toediening moet na 21 dae volg.

Abacus® is deel van BASF se AgCelence™-konsep, wat daarop gemik is om die boer te help om immer beter resultate te behaal.

Vir meer inligting of jou eie volledige eksemplaar van die navorsingsverslag oor Abacus®, praat met Jaco Voges by 011-203-2400, 072-620-0317 of faks 011-203-2461 of e-pos jaco.voges@basf.com. Abacus® kan jou boerdery verander.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment