Categories: NewsPublished On: 30th March 2017

Meer vee teruggevind in die Vrystaat

By 2 min read
314 words

skape

Dit wil voorkom asof meer vee die afgelope tyd deur boere en die SAPD teruggevind word. In die geval van beeste is dit 28,73%, skape 29,51%, bokke 36,36% en perde/donkies 46,87%.

Hiermee deel die VKB/VL Veiligheidslessenaar die provinsie se syfers vir Oktober tot Desember 2016 ten opsigte van vee wat teruggevind is:

TIPE MISDAAD BEESTE % SKAPE % BOKKE % PERDE/

DONKIES

%
GESTEEL 2 304   6 207   363   32  
TERUG-GEVIND 662 28.73 1832 29.51 132 36.36 15 46.87

Op die onlangse Landelike Veiligheid Prioriteitskomitee vergadering is gemeld dat sedert April 2016 ’n totaal van 314 ongegronde veediefstalsake (nagenoeg 10%) in die Vrystaat geregistreer is, so sê Vrystaat Landbou se Nuusflitse.  Dit is grootliks as gevolg van vee wat afgedwaal het, veegetalle wat verkeerdelik getel is en diere wat gevrek het. Daar is opgemerk dat boere steeds eerder sake moet aanmeld as hulle nie seker is of hulle vee  gesteel is of nie.

Nuwe forum:

Die Interprovinsiale Veediefstalvoorkomingsforum tussen die Noord-Kaap en Vrystaat het gedurende Maart 2017 tot stand gekom. Die eerste vergadering sal plaasvind op 12 April 2017. Die Oorgrens Veediefstalvoorkomingsforum tussen Suid-Afrika, die Vrystaat en Lesotho sal op 20 April 2017 op Ladybrand tot stand kom. Alle boere is welkom om met Johan Stadler, die RPO se voorsitter van die Provinsiale Veediefstalvoorkomingsforum, in verbinding te tree om betrokke te raak by die forums.

Misdaadstatistiek vir die tydperk van 1 April tot 31 Desember 2016, wat deur die minister van Polisie vrygestel is, dui aan dat gewapende rowe by veral huise toegeneem het in die Vrystaat, wat ook plaasaanvalle kan insluit. Verder word aangedui dat veediefstal met 121 sake toegeneem het. Die Vrystaatse Polisiestasies met hoë misdaadsyfers in terme van veediefstal vir die bogenoemde periode is Bethlehem, Edenburg, Ficksburg, Harrismith, Heilbron, Mafube, Phuthaditjaba, Selosesha, Tseseng, Vrede en Warden.

Spesiale veediefstal operasies sal tot die einde van Maart deur die SAPD in areas met hoë misdaadsyfers van stapel gestuur word. Groot suksesse in terme van arrestasies en beslagleggings is al aangeteken, soos wat deurlopend op veiligheid WhatsApp-groepe deurgegee word.

Bron: Vrystaat Landbou Nuusflitse

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0