Categories: Artikels, WielePublished On: 11th December 2024

Mahindra XUV 3X0: ‘n Veilige, mooi en betroubare voertuig

By 2 min read
431 words

Mahindra Alberton Socials (2)

Dit was nog nooit so lekker om na ‘n voertuig te kyk soos die nuwe Mahindra XUV 3X0 nie. As jy op soek is na ‘n kleiner, maar betroubare, vinnige, veilige en mooi karretjie vir die stad of jou studentekind, dan is die voetuig die perfekte keuse. Hy is brandstofbesparend en het genoeg krag om maklik verby sloerders op die langpad te gly.

Mahindra Alberton is die plek waar jy jou XUV 3X0 kan koop, en hulle bied die beste diens vir hulle klante.

Veiligheid eerste

Om te weet jou kind is so veilig as moontlik in hulle motor is al wat enige ‘n ouer wil hê. Die XUV 3X0 is van
hoëgehalte staal gemaak en het 35 standaard-veiligheidskenmerke. Die kajuit is ingenieursontwerp om ‘n impak van 20 ton van voor te kan absorbeer. Die voertuig het standaardsitplekgordels (en gaan jou herinner indien dit nie vas is nie) en kom uit met ses lugsakke en ISOFIX-basis vir karstoeltjies vir kinders. Die bestuurder het ook ‘n gerieflike armrusplek vir langpadry.

Met sy 1,2 liter turbo-enjin en ADAS-tegnologie kan die XUV 3XO selfs help met die bestuur, versnelling en rem, wat
hom baie veilig maak.

Mooiste voorkoms

Mahindra se bekende diamantpatroon strek oor die voertuig, van die sierrooster tot die agterligte, wat dit ‘n opvallende glans gee en mooier as ooit maak. ‘n LUD-ligstrook omring ook die voertuig se hoofligte en dien as ‘n daglig vir ekstra veiligheid en styl. Die hoofligte is toegerus met LUD-projektorlampies en slanke dagryligte. Die binnekant se leerbekleedsels met ‘n wit soomstiksel is smaakvol en spoggerig.

Tegnologie

Die XUV 3XO bied gevorderde tegnologie, met 360-grade kameras aan elke kant om jou bewus te hou van elke hoek van die ander voertuie rondom jou. Die kantspieëls vou outomaties in wanneer jy die motor sluit. Die 43 cm (17 duim) diamant-afgewerkte allooiwiele gee die XUV 3XO ‘n gesofistikeerde voorkoms.

Die XUV 3X0 het ook ‘n 65 wattlaaipoort wat jou selfoon en selfs ‘n skootrekenaar kan laai. Die voertuig het ook ‘n pragtige outomatiese lugdak om die dag- of aandlig te geniet. Mahindra weet hoe belangrik die versiening van voertuie is, asook hoe duur dit later vir die koper kan word, daarom het die Mahindra XUV 3XO ook ‘n waarborg vir 5 jaar / 150 000 km of ‘n diensplan vir 5 jaar / 100 000 km ingesluit.

Indien jy in hierdie mooi voertuig belangstel, besoek Mahindra Alberton en neem hom vir ‘n 24-uur
toetsrit om self te voel hoe lekker die voertuig ry. Die Mahindra is teen slegs R254 999 beskikbaar en is in verskeie kleuropsies te koop. Kontak Mahindra Alberton op hulle webwerf by www.mahindraalberton.co.za of skakel 087-803-1108.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0