Maak Stafix jou veiligheidsvennoot op die plaas

stafix
Boere word oorval wanneer hulle snags uitgaan om te kyk hoekom die honde blaf. Een van die ander
gunsteling metodes van plaasaanvallers is om ’n boer voor te lê as hy vroegoggend uitgaan om die pomp aan te skakel, of om melkery toe te loop. Dit is nou as die wreedaards nie Sondag terwyl die gesin in die kerk is, die huis ingedring het en daar vir hulle wag nie.
Hierdie skrikwekkende tonele speel gereeld op Suid-Afrikaanse plase af, maar dit hoef nie. Met die hulp en middele van Stafix kan ’n boer al sy veiligheidsones, van die grensdraad af tot binne in die hoofslaapkamer, onder 24-uur sekuriteit plaas met alarmstelsels wat hom, sy naaste bure en die plaaswag kan waarsku dat iets fout is.
Stafix verkoop nie net produkte nie. Hulle kundige personeel by enige van hulle 22 winkels landswyd is meer as bereid om raad te gee oor opsies wat beskikbaar is en hulle kan ook ’n goedgekeurde installeerder aanbeveel as dit nodig is.
Stafix is die invoerders, vervaardigers en verspreiders van elektrieseheiningprodukte vir sekuriteitsheinings, wildheinings, ruiterheinings en gewone stewige landbouheinings wat sal sorg dat die bul ook bly waar hy moet!
Met Stafix se hulp kan jy werklik by jou grensdraad begin om jou veiligheidsones te vestig. Van jou heining af kan jy reeds jou eerste waarskuwing ontvang dat ’n skelm besig is om kwaad te doen. ’n Elektriese heining kan in sektore opgedeel word sodat jy presies weet waar iemand besig is om te peuter.
Met ’n Centurion-hekmotor vir jou hek se oop- en toemaak hoef jy of jou vrou ook nooit weer die veiligheid van die motor te verlaat om die hek te gaan oopmaak nie. Die oop- en toemaak van die hek kan deur middel van jou selfoon beheer word. Dit gee ’n persoon volledige beheer van wie by die hek inkom.
Binne die heining kan jy ’n paar van Stafix se gewilde verskuifbare waarskuwingstelsels, Roboguard, aanstel om die toegangspad, werf en oop dele om die skuur en huis dop te hou. Die bewegingsensors kan jou laat weet of daar iemand in ’n plek beweeg waar daar nie veronderstel is om beweging te wees nie.
Leonie Kellerman, ’n flink vroueboer van die Pietersburg-omgewing sê: “Roboguard het my nou al hoeveel keer gehelp om skaapdiewe te keer. Ek plaas dit elke keer op ’n ander plek waar hulle dit nie kan sien nie en dan kul ek hulle so!”
Nog veiliger as ’n bewegingsensor is Stafix se CP Plus-kamerastelsels wat jou in staat sal stel om te sien wie en wat sluip buite rond. Tot in die donker kan die kameras hulle werk doen. Jy kan hulle in enige plek op die plaas opstel. Die kamera sorg dat jy weet of daar iemand in die stal of by die pomp probeer skuil. Jy kan ook sommer uitvind wie tap skelm in die nag die diesel uit jou trekkers!
Die Ubiquiti draadlose reeks produkte kan videoseine oor lang afstande vanaf enige plek op die plaas na die plaashuis stuur en selfs as jy by Hentiesbaai sit, kan jy op jou selfoon kyk wat gaan aan in die skuur.
Die DVR (digital video recorder) neem ook al die gebeure op wat die kameras sien, sodat jy lank na die tyd kan teruggaan om te sien wat gebeur het.
Shaun Williamson, besturende direkteur van Stafix, sê: “Enigeen kan ’n stel Sjinese CCTV-kameras van die rak af koop omdat die prys dalk aantreklik lyk, maar uiteindelik is dit net die prys wat aantreklik was, want jy kan nie met die kameras doen wat jy graag gedoen wil hê nie.”
’n Goeie kamerastelsel moet betroubaar wees en in enige omstandighede ’n ordentlike, identifiseerbare, duidelike beeld opneem. Met Stafix se kundigheid kan die regte soort kamera op die regte plek geïnstalleer word sodat jy kombersdekking kan kry vir die beste beskerming.
Skep jou eie sekerheidsentrum op die plaas, wat ook kan praat met die plaaswag, om aan jou en jou gesin die beste kans op veiligheid te bied. Besoek www.stafix.co.za of kry die kontakbesonderhede van jou naaste Stafix-winkel hier langsaan op die advertensie.
Hooffoto: Stafix se uitstalling by die Royal Landbouskou in Pietermaritzburg is as die beste Suid-Afrikaanse Nywerheidsuitstalling bekroon. Maurice Williamson sê met al hulle hoëtegnologietoerusting kan die wag nou maar van die plaas af. Die wild en plaasdiere word binne veilig gehou en betreders bly buite!
