Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 31st May 2023

Maak skaapwerk maklik met Algar se skaapnekklamp

By 1 min read

Picture1 (1)

Algar se skaapnekklamp knyp skape gemaklik vas om hulle te hanteer.

Algar Veehantering met hulle gehalte toerusting bly ‘n bekende gesig by NAMPO Oesdag en boere kon vanjaar weer gaan kyk hoe Algar boerdery makliker maak.

“Ons bou veehanteringstoerusting vir klein en groot vee,” sê Charlotte Esterhuizen van Algar Veehantering.

“Dit was lekker by NAMPO en nog lekkerder om met al die besoekers te gesels en nuwe gesigte te sien,” voeg sy by.

Charlotte Esterhuizen vertel vir die ProAgri-span by NAMPO meer oor die skaapnekklamp.

Met veeboere se winsmarges wat kleiner raak as gevolg van hoër insetkostes en uitdagings in die mark is dit noodsaaklik dat daar doeltreffend gewerk word op elke plaas, daarom word Algar se veehanteringstoerusting ontwerp om boere se geld en tyd te bespaar.

Algar se skaapnekklamp het veral aandag getrek, omdat die klamp dit so maklik maak om skape stil en gemaklik te hou vir inenting.

“Dit is ideaal vir boere as hulle hul skape wil klamp en maklik wil hanteer. Die produk se sluitmeganisme het nie ratte wat moet haak nie, wat beteken die deure kan op presies die regte plek stop sodat die dier nie kan beweeg nie en ook nie seerkry nie,” sê Charlotte.

Die skaapnekklamp is 900 mm hoog. Algar bou ook so nekklamp vir bokke en kalwers, wat 1,2 m hoog is. Die klamp is ook ‘n H-tipe klamp wat beteken die deure maak die volle wydte van die gang oop.

Boere kan die nekklamp alleen aankoop en net aanheg aan hulle bestaande drukgange.

Vir meer inligting en die beste naverkopediens kontak Charlotte by 082-324-6256, stuur ‘n e-pos na algar@algar.co.za, of besoek hulle webblad by: www.algar.co.za.

0
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
0