Categories: Crop productionPublished On: 12th July 2017

Só maak ’n spilpunt melk

By 3 min read
552 words
beeste

agrico 1

Wanneer die 850 koeie op Sunnyside tussen Humansdorp en Jeffreysbaai aantree om gemelk te word, is hulle gereed vir ’n spesiale peuselhappie na die dag se weiding. Die happie bestaan deesdae uit ’n gekombineerde rantsoen, wat selfs sitrusmoes insluit.

Met ProAgri se besoek aan Mark Holliday se plaas was daar verseker nie ’n oorvloed weiding in die omgewing nie, met ’n voortslepende droogte wat sy merk gelaat het. Sonder besproeiing sou die melkery lankal tot stilstand geknars het. Mark se besproeiingsvennoot is Agrico, met sy bewese groen voetspoor wat in die Wes-Kaap begin het.

“Ek koop net Agrico-spilpunte, want hulle hou goed en hulle mense kyk mooi na ons,” sê Mark.

Mark het vier Agrico-spilpunte: ’n 6-toring, 5-toring, 4-toring en 2-toring, en is tans besig met die oprigting van nog ’n Agrico op sy grond in die Karoo.

Hy sê: “Dit help baie dat ek ook elders voer kan aanplant om die risiko te versprei.”

Daar is ’n gesegde wat sê “ver van jou goed, naby jou skade,” maar Mark sê hy het gelukkig met Agrico se spilpunte die gemoedsrus dat hulle aanhou werk en as daar ’n probleem sou opduik, is Agrico se span blitsig daar om dit op te los.

Sunnyside is wel baie naby aan Humansdorp se Agrico-tak en by een geleentheid toe daar ’n probleem met ’n ratkas was, het die manne van Agrico nie geskroom om na-ure die winkel oop te maak en die onderdele plaas toe te vat nie. Op enige plaas wat so ’n hanetreetjie van die see af is, is roes ’n groot probleem. Volgens Mark ondervind hy egter glad nie probleme met die volversinkte spanne van Agrico nie. Sy eerste spilpunt op die plaas loop al van 1990 af. As dit nodig is om ’n pyp of twee te vervang, is dit ook nie ’n probleem nie.

“Dis soos ’n Meccano-stel; jy haal af en sit terug wat nodig is,” sê hy.

Beheer Agrico van ver af

Agrico se moderne bestuurstelsels en gevorderde panele maak ook afstandbestuur en presisiebesproeiing moontlik. Mark sê deur die Internet kan jy oral sien wat gaan aan met jou besproeiing en jy kan tot die pompe beheer vir beter waterbestuur.

“Ons enigste beperking is die water wat beskikbaar is, veral in tye van droogte soos hierdie, en besproeiingsregte,” sê hy.

“Verder kan ons die besproeiing deur die spilpunte aanpas na behoefte en volgens die vereistes van die grond en gewasse wat geplant word.”

Mark glo nie daaraan om enigiets te vermors nie, van water tot krag. Hy was een van die voorlopers in die Suid-Kaap om die wind te gebruik vir kragopwekking en ’n paar van die bekende reuse windlaaiers van Jeffreysbaai staan op sy grond. Dit is natuurlik ook baie handig vir die kragvoorsiening na sy besproeiingstelsel en melkery. Met Mark se fyn bestuur en die hulp van Agrico gaan die koeie op Sunnyside ondertussen onverstoord voort om te eet en melk te gee.

Vir meer inligting oor Agrico se oplossings vir jou boerdery, praat met Alfred Andrag by 082-824-1214, 021-950-4111 of alfred.andrag@agrico.co.za.

agrico

’n Agrico-spilpunt stuit nie vir die kus se heuwels nie – hy loop rustig bult op en bult af.

agrico

Onder die wakende vleuels van Jeffreysbaai se windlaaiers sorg die Agrico-spilpunt dat Sunnyside se koeie genoeg lekker, voedsame kos kan kry.

 

0
Views: 288Comments Off on Só maak ’n spilpunt melk
Tags:

Deel hierdie artikel.

0