Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 19th February 2020

Maak mooi hooi met Valtrac

By 3 min read
605 words

valtracDSC_0505

Valtrac is die eerste keuse vir boere wat toerusting of kundigheid nodig het om hooi te maak. Dié maatskappy, wat op ’n melkplaas gebore is, verstaan die taal van voer.

Of die boer nou ’n snyer, hark of baler soek, Valtrac het net die beste. Dit is ook geen wonder dat Valtrac se uitstekende balers so goed presteer het in die balerresies wat Valtrac en Farmboek onlangs aangebied het nie. Lees meer daaroor hier langsaan.

Valtrac se KUHN VB 3160-dryfbandbaler het sy man gestaan in die balerresies en om agterna te sorg dat al die gesnyde gras gebaal word.

Die kollig van die dag was op die KUHN VB 3160-baler. Die baler spog met ’n ingeboude rotorvoerstelsel reg agter die opteller. Die verkorte afstand tussen die rotor en die opteller is een van die baler se groot voordele om beter en vinniger te kan baal. In die onwaarskynlike geval van ’n verstopping, kan die balervloer vanuit die trekker se kajuit laat sak word sodat jy in ’n japtrap weer voluit aan die baal kan wees – die weer wag vir niemand nie. Die grootte van die baal, 0,8 m tot 1,6 m, word ook vanuit die kajuit verstel. Verder kan die digtheid en grootte van die baalkern, asook die drukverskil van die kern teenoor die buitekant van die baal, ook vanuit die kajuit aangepas word.

“Daar is geen breekboute aan die baler nie,” vertel Devin Dedwith, tegniese hoof van Valtrac. “Die kragaftakker en die opteller het albei nokkoppellaars wat die baler beskerm.”

Die KUHN-baler het ’n gesentraliseerde ghriespunt en outomatieseoliestelsel om versiening te vergemaklik en om al die werkende dele gesmeer te hou.

Om die KUHN VB 3160 te versien verg die minimum tyd en moeite, danksy die gesentraliseerde ghriespunt van die baalmasjien. Dit het ook ’n outomatiese oliestelsel wat die werkende dele soos die kettings deurgaans van olie voorsien sodat jy nooit nodig het om met ’n oliekannetjie om die baler rond te kloek nie.

Om die nodige voorbereiding vir die balerresies te doen, moes die gras eers gesny word. Valtrac het die taak aangepak met ’n kombinasie van die Pöttinger Novacat 301-snyer met Alpha Motion-tegnologie en die Pöttinger Novacat 442. Die Pöttinger Novacat 301 word voor aan die trekker gemonteer met ’n driepunthyser, ’n kragaftakker en ’n hidrouliese toevoerpunt.

Dié snyer se hoek kan op ses verskillende vlakke verstel word wat sorg dat dit die grond se kontoere perfek volg en ’n netjiese, skoon snit sny. Die breedte van die windry kan ook volgens die breedte van die trekker verstel word.

Die Pöttinger Novacat 442 sny bane van 4,4 meter. Die lemme kan binne sekondes vervang word. Al die skywe van Pöttinger-snyers is eenders om die onderhoud van die masjiene goedkoper te maak.

Die Novacat Pöttinger 442, wat agter die trekker gekoppel word, het tien skywe waaraan die lemme aangebring is. Die lemme word maklik en vinnig vervang met ’n hefboom wat netjies aan die snyer saamry. Die afstand tussen die lem en die snyerbed is verklein om ’n skoner snit te verkry, wat hergroei bevorder. Die hidrouliese veringstelsel sorg dat die snyer die kontoere van die grond perfek volg. Die kombinasie van die twee snyers sny ’n baan van 7,4 m en het die werk op die terrein van die resies in ’n japtrap klaargemaak.

Die Pöttinger Novacat 301 Alpha Motion-snyer wat voor aan die trekker gemonteer word, sny bane van drie meter wyd.

Valtrac is die betroubare verskaff er van Pöttinger Alpha Motion-snyers en KUHN-balers. Kontak Valtrac se kundige mense by 056-817-7308, stuur ’n e-pos aan Attie de Villiers by attiedev@valtrac.co.za of besoek die webwerf by www.valtrac.co.za.

0
Tags: ,

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0