Categories: Artikels, Meganisasie, TrekkersPublished On: 9th December 2024

Maak jou trekker weer lekker met Footprint Performance

By 3 min read
686 words

WhatsApp Image 2024-12-05 at 12.28.44 (1)

By die Mushlendow Voerkraal ry die trekkers weer lekker.

Trekkers ry sommer weer lekker in Koster by die Mushlendow voerkraal nadat Jaco Dippenaar, die eienaar van Footprint Performance hierdie trekkers se prestasie verbeter het.

Dit gebeur soms dat ‘n boer ‘n nuwe werktuig koop met die gedagte dat sy trekker genoeg krag het, net om later uit te vind dat dit nie die mas kan opkom nie. In die trekkerwêreld betaal jy per kilowatt en om nou ‘n nuwe trekker te gaan koop vir jou werktuig, sal jou sommer ‘n plaas se prys kos.

Dit is waar Jaco en Footprint Performance jou lewe sommer baie makliker kan maak vir net ‘n klein gedeelte van wat ‘n nuwe trekker jou sou kos.

Wat is Footprint Performance?

Footprint Performance spesialiseer in die optimalisering van jou trekker in terme van kraglewering asook uitlaatsgasbeheer ontkoppeling. Die maatskappy kan jou help om meer krag uit jou trekker te kry en jou koste laat bespaar op uitlaaatgasbeheer. Die maatskappy het in 2013 onstaan toe Jaco besluit het om inpropeenhede vir motorkarre in te voer.

“Ons het gou besef daardie mark raak versadig en toe begin navorsing doen oor waarheen ‘n mens met hierdie tegnologie kan beweeg. Ons het agtergekom daar is ‘n gaping vir agri-voertuie,” vertel Jaco.

Hulle navorsing het bewys dat dit baie moontlik is om hierdie verstellings by trekkers aan te bring as gevolg van die manier waarop die trekkers in ‘n reeks vervaardig word. Die enjins is versoenbaar en die verstellings is nie nadelig vir jou trekker nie.

Jaco Dippenaar voor een van die Mushlendow Voerkraal se Massey Ferguson trekkers wat hy geoptimaliseer het.

Maar hoe werk dit?

Die eerste stap is vir Jaco om ‘n kopie te maak van jou trekker se sagteware. Daarna maak hy verstellings aan die sagteware en doen toetse om te kyk of die verstellings reg sal werk.

“Ons kyk ook wat is die ekstra kraglewering wat ons kan bykry en meeste van die tyd doen ons ook ‘n koppeling op die uitlaatstelsel, wat vir jou wys of die verbranding goed is en of die trekker geoptimaliseer loop,” verduidelik Jaco.

Kostebesparings met Footprint Performance

Footprint Performance se optimalisering bied jou verskeie voordele, onder meer, en dalk die belangrikste, laer brandstofverbruik.

“Baie van die boere wil natuurlik beter brandstofverbruik hê, want dit is seker een van die grootste insetkostes van enige boerdery.”

Die tweede besparing kom daarop neer dat jy dan nou nie ‘n nuwe trekker hoef te gaan koop nie.

Jaco vertel dat jy verder koste kan bespaar deur die uitlaatgasbeheer stelsels (bv. EGR, DPF en Adblue) van jou trekker kan ontkoppel deur die sagteware te verander.

Hy meen; “In Afrika is die diesel baie vuil, en dit is partykeer daai tipe goed wat ‘n ou in die veld laat gaan staan. Sommige boere is ook nie altyd naby aan handelaars om onderdele te kry wanneer hierdie uitlaatgasbeheerstelsels breek nie.”

In die geval kan Footprint Performance vir jou gerustheid gee deur hierdie stelsels van jou trekker af te haal. Dit sluit nou die herwinning van jou uitlaatgas (exhaust gas recirculation (EGR)) in wat die uitlaatgasse weer terugvoer in jou enjin in. Dit veroorsaak dat die roet van die gasse binne in die enjin gaan lê, wat dan nadelig vir jou enjin is.

Ons kan ook die dieselpartikelfilter (diesel particulate filter) wat binne-in die uitlaatstelsel sit uithaal. Die dieselpartikelfilter kan na ‘n ruk verstop raak en veroorsaak dat jou trekker krag verloor.

Jaco verduidelik dat die laaste hindernis deesdae in die Tier 5-enjins voorkom. Dit is die byvoeging van adblue, wat ‘n diesel uitlaatvloeistof is wat meng met die uitlaatstelsel se gasse, en kos eerstens baie duur, en tweedens kan parte ook onklaar raak as die vuil diesel dit verstop.

Watter trekkers kan geoptimaliseer word?

Jaco sê dat hulle aan enige trekker met drukbuisinspuiting (“common rail”) kan werk. Dit beteken enige enjin wat digitaal beheer word en nie gebruik maak van ‘n meganiese pomp om brandstof in te spuit nie.

Sien is glo

Vir boere is sien baie keer glo, daarom kan jy self vir Jaco ‘n e-pos stuur na info@footprintperformance.co.za of hulle webwerf besoek by www.footprintperformance.co.za.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0