Maak jou Drotsky weer nuut sonder om die bank te breek!

drotsky 1
Jou betroubare hamermeule, nou meer doeltreffend, met meer kapasiteit
Perfekte maalwerk vir ’n leeftyd – dit is wat die boer kry as hy ’n Drotsky-hamermeul koop … en daarna herbou Drotsky sy hamermeule teen ’n skamele koste sodat hy ook jou kinders ’n leeftyd kan dien.
Drotsky herbou ’n PC24/M24-hamermeul, waar alles rondom die as en die as self vervang word, binne ’n dag. Die kliënt ontvang ‘n masjien gelykstaande aan n nuwe M24 (kapasiteit, leeftyd en doeltreffendheid) teen 20% van die prys. Oor die jare het Drotsky se mense met boere koppe bymekaargesit om hulle hamermeulens telkens nog verder te verbeter sodat die doeltreffendheid en produktiwiteit verhoog kon word. Hierdie verbeteringsproses duur steeds voort.
Nuwe masjiene waarop baie wetenskaplike navorsing gedoen is, het beter werkverrigting as ouer modelle, maar Drotsky se toerusting is so ontwerp dat jy van die werkende onderdele kan vernuwe sonder om die hele masjien te vervang en daarmee die uitset dramaties kan verhoog.
Nog wenke vir besparing:
– Meganisasie bespaar die boer heelwat geld en verbeter doeltreffendheid.
Digitale voerbeheer is een van die vernuwings vir meganisasie.
– Gebruik die regte grootte kragbron vir jou hamermeul vir optimum doeltreffendheid en ekonomiese werking.
Skeerstawe
Deur net ’n skeerstaaf van ’n PC24/M24-hamermeul te vervang, verbeter jy die hamermeul se kapasiteit met dertig persent! Die nuwe vlymskerp messe sny kompakte grasse en hooi op nog voor dit by die hamers kom. Masjiene kan vinniger en makliker gevoer word.

Rotors
Die rotors is deur ’n hele ontwikkelingsproses vir gladder en meer doeltreffende werkverrigting en ’n nuwe rotor kan jou Drotsky se produktiwiteit aansienlik verhoog.

Waaiers
Drotsky-hamermeulens se waaiers is ook deur die jare verbeter om die suig-aksie te bevorder. Nuwe waaiers verplaas meer lug, gebruik minder krag en hou die sif skoner. Waaiers moet gereeld in stand gehou word om deurlopende doeltreffendheid te verseker.

Hamers
’n Hamermeul se hamers moet reg ingestel wees vir doeltreffende werking. Die meul moet die regte aantal hamers hê en die gaping tussen die punt van die hamer en die sif moet nie groter as 1,5 cm wees nie.

Maak jou Drotsky weer nuut. Skakel 011-864-1601 of enige verkoopsverteenwoordiger:
Alomia: 076-040-2166, alomia@drotsky.co.za
Fouzia: 061-590-3889, fouzia@drotsky.co.za
Francesco: 083-267-3286, francesco@drotsky.co.za
Besoek ook www.drotsky.co.za of vind Drotsky op Facebook. www.facebook.com/drotskyaktief/