Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 10th April 2025

LM Staalstrukture: Bewaar jou bates in ‘n duursame skuur

By 2 min read
314 words

lm staal

Boere het genoeg probleme om nie nog te sukkel met duur flentergat skure wat nie hulle bates behoorlik beskerm nie. Daarom kies die wyse boer ‘n ordentlike skuur vir sy duur toerusting, kunsmis, saad of voer. LM Staalstrukture rig duursame,  ingenieursgoedgekeurde, topgehalte staalstrukture op ‘n leegftyd hou … en die beste, dit is bekostigbaar.

LM Staalstrukture spesialiseer in staalgeboue, pakhuise, fabrieke, vliegtuigloodse en skure op plase. Hulle strukture kom saam met ingenieurstekeninge en dit word ontwerp spesifiek vir elke klant se behoefftes. Hulle kan ook help met skuifdeure, turbines en isoboard.

Hulle kan regoor Suid-Afrika jou skuur kom oprig, maak nie saak of jy in die middel van niks en nêrens boer nie. Hulle het drie spanne in die wat die fondasie, vervaardiging en oprigting doen en hulle hou by hulle tydrooster want tyd is geld.

Leon Myburgh (sr) het LM Staalstrukture in 1995 deur gestig en sy seun, Leon, het in die saak grootgeword en gehelp. Hy het in 2010 saam met sy pa strukture begin vervaardig en het die maatskappy in 2018 heeltemal oorgeneem.

“Ons glo in eerlikheid en ons werk is ons trots,” sê Leon Mybugh (jr) “Dit het baie sweet, bloed en lang ure geverg om die saak op die been te bring tot die sukses wat dit vandag is. Ons streef daarna om vir ons klante goeie gehalte, maar bekostigbare, netjiese strukture te verskaf.”

Hy voeg by: “Die meeste van ons personeel is al langer as tien jaar by ons, daarom kan die klant verseker wees sy struktuur word deur bekwame hande vervaardig en opgerig.”

Die standaardgroottes van LM Staalstrukture en wat meeste boere oprig is die volgende:

  • 9/30/3,6 m
  • 10/30/4 m
  • 12/25/4,5 m
  • 12/40/4,5 m
  • 15/30/4,5 m
  • 15/50/4,5 m
  • 18/40/4,5 m
  • 20/30/4,5 m
  • 20/40/4,5 m

Vir meer inligting oor LM Staalstrukture, besoek www.lmstaalstrukture.co.za of hulle Facebookblad by www.facebook.com/steelstruck/. Jy kan hulle ook kontak by lmstaalstore@gmail.com, of by (+27)83-728-9825 of (+27)71-743-6798.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0