Lindsay glo: Boer slimmer, boer makliker, boer beter!

DSC_0291
As daar nou een ding is waarvan ’n boer nie hou nie, is dit om tyd en hulpbronne te mors. En hiermee stem Lindsay heeltemal saam! Die een groot vermorsing van spilpunte is uitvalhoeke. Lindsay het ’n hoekspilpunt ontwikkel wat hierdie probleem heeltemal oplos.
Steven Gremels, gebiedsbestuurder van Lindsay, vertel dat hierdie spilpunt ’n hoekspan het wat knak en só die vorm van jou land aanneem. ‘n Mens kan selfs ’n vierkant besproei, as jy wil.
“Soos ons spilpunte ken, besproei hulle altyd maar net ’n sirkel en daar is baie uitvalhoeke. Dit is waar ons hoekspilpunt inkom. Jy kan enige land met hom besproei.
“Hierdie spilpunt loop eintlik in die hoekies van die veld in, wat ons sou verloor het met ’n gewone spilpunt,” verduidelik Steven.
Gemiddeld besproei hierdie spilpunt 25 persent meer as ’n gewone spilpunt!
Dit is so eenvoudig: Jy kan hierdie hoekspan heg aan jou bestaande spilpunt met sy pomp en pyplyn. Die span is ook toegerus met wisselkoersbeheer (VRI), wat beteken die spilpunt kan elke spuit afsonderlik beheer om seker te maak dat dit oral presies die regte volume water plaas.

Tanya Brits en Steven Gremels van Lindsay glimlag breed, want hulle weet dat Lindsay die geheime wapen vir ’n suksesvolle boerdery bied.
Lindsay in die nuwe tegnologiese era
Die gevorderde tegnologie van Lindsay stop egter nie daar nie …
Tanya Brits, kliëntediens- en bemarkingsbestuurder, glo dat hulle goed inskakel by NAMPO 2024 se doelwitte.
“Dit is so lekker met NAMPO se tema vanjaar, Landbou in ’n Digitale Era, wat só mooi inpas by wat Lindsay en Zimmatic doen!
Sy brei meer uit oor die FieldNET-tegnologie wat hulle aanbied.
FieldNET Pivot Watch gee aan die boere die vermoë om hulle spilpunte te moniteer van enige plek af met ’n slimfoon of rekenaar.
“Dit help die boere om baie vinnig te kan reageer as die spilpunt miskien gaan staan, of wanneer daar lae waterdruk of ongewone beweging op die plaas is. Dit is baie vinniger as wat boere eers moet ry of loop na die masjien toe.”

Tanya en Bruno Perroni, bemarkingsbestuurder, bespreek Lindsay se toekomstegnologie.
Kontakbesonderhede
As jy deel wil wees van Lindsay se fokus om die toekoms in te boer en nie ’n druppel water tot niet te laat gaan nie, besoek Lindsay se Facebookblad, Zimmatic by Lindsay, of hulle webtuiste by www.lindsay.com.