Lindsay en jou slimfoon trap vas
Hoë eise word aan landbou gestel en daarom reken boere op tegnologie om die volk gesond aan die eet te hou. Toonaangewende maatskappye verstaan maar alte goed hoe noodsaaklik die ontwikkeling van nuwe, nuttige tegnologie vir die landbou is en daarom doen maatskappye soos Lindsay, die verskaffers van die gewilde Zimmatic-spilpunte, moeite om die boer se lewe makliker en wins-gewender te maak.
Lindsay beweeg aan die voorpunt van landboutegnologie met deurlopende grensverskuiwing en baanbrekerswerk wat Zimmatic-spilpunte met elke nuwe ontwerp op die pad na volmaaktheid stuur.
Dit is dus geen wonder dat boere vanjaar weer na Lindsay se uitstalling by Nampo gestroom het om hulle nuttige produkte en jongste ontwikkelinge te sien nie.
’n Toep wat alles oop en toemaak
Lindsay het aan elke besproeiingsboer gedink toe hulle hulle Pivot Control-beheerkas van FieldNet vervaardig het. “Dié splinternuwe produk is aan die begin van April bekendgestel,” sê Richard Joseph, bemarkingskoördineerder van Lindsay. “Hierdie produk stel jou in staat om FieldNet-funksionaliteit op enige spilpunt te hê vir relatief min geld. Jy koppel bloot jou Pivot Control-beheerkas aan enige ander vervaardiger se bestaande stelsel om hierdie allesomvattende funksies te geniet.”

Die Pivot Control-beheerkas kan los gekoop word as jy hierdie uitstekende tegnologie aan ’n ander soort spilpunt se stelsel wil gebruik.
FieldNet bied ’n afstandbeheerstelsel wat jou vinnige en maklike draadlose toegang tot jou spilpunt gee – met jou selfoon of tablet, vanaf enige plek in die wêreld waar daar ’n selfoonsein is. Die toep werk heel gemaklik op die Apple- en Android-platforms en is ’n ten volle geïntegreerde toepassing met ’n eenvoudige koppel-vlak (interface) of paneelbord met trek- en plaasfunksies om dit volgens jou smaak op te stel, sodat jy dadelik ’n duidelike oorsig oor jou hele besproeiingstelsel kan kry. Jy kies bloot die funksie of program op jou raak-skerm en jou spilpunt reageer dadelik.
Die kontrolestelsel laat jou toe om ’n termometer, vloeimeter en reënmeter, wat die stelsel monitor, intyds dop te hou. Die reënmeter is nie ’n gewone reënmeter nie. Dit word aan die spilpunt gemonteer en maak homself leeg sodra die data na die bediener gestuur is.
Om presies te sien hoe jou spilpunt op die land vorder, gebruik jy GPS-posisionering vir presisiebesproeiing.
Sonder geskiedkundige verslae is ’n boer se bestuursbesluite beperk, maar Lindsay weet dit. “Elektroniese rekord word van elke brokkie data wat FieldNet na die bediener toe stuur gehou en elke boer se inligting word onder sy profiel geberg, sodat hy dit dan deur middel van die Fieldnet-toep kan bereik.

Die toepassing kan op jou slimfoon of tablet afgelaai word om jou FieldNet-stelsel vanaf enige plek in die wêreld te beheer.
Jy kan ook baie fyn beheer met jou selfoon of tablet toepas, soos om die spilpunt self aan of af te skakel, ’n pomp aan of af te skakel, die spilpunt van rigting te laat verander en die watertoediening aan te pas,” sê hy.
“Ons het ook ’n spesiale waarskuwingskennisgewing in die toep ingebou sodat jy kan besluit of jou elektrisiën en/of plaasbestuurder ’n selfoonboodskap of e-pos moet kry as daar byvoorbeeld fout gaan met die elektriese toevoer na die spilpunt. Jy kan ook besluit hoe jy of enige ander toepaslike persoon in kennis gestel word.
Deur FieldNet kan ’n boer vir elke denkbare gewas wat hy onder die spilpunt wil plant ’n werksprogram opstel en dit dienooreenkomstig berg, sodat die spilpunt presies weet wat om te doen. ’n Spesifieke program kan vorentoe net weer gekies word vir hertoepassing.

Pompe en filters word ook maklik deur die FieldNet-stelsel beheer.
FieldNet plaas ook mikrobesproeiing in ’n ander klas met meer beheer en meer doeltreffendheid. Met behulp van ’n slimfoon kan drupkleppe, filters, inspuiters, pompe en spoelsiklusse beheer word, chemikalieë en kunsmis toegevoeg word en rypbeskerming toegepas word, alles van een skerm af.
Met die Lindsay-manier verminder ’n boer uitgawes en risiko deur menslike foute uit te skakel. FieldNet maak dit vir die boer moontlik om meer tyd op ander plekke te be-stee waar dit saakmaak – vir beter boerderybestuur.
Papwielstaantyd is vir goed verby met NFTrax
“Ons het baie probleme ervaar en klagtes van boere ontvang wat sê dat hulle baie staantyd as gevolg van pap wiele het en ons het hard daaraan gewerk om die boere se probleem op te los,” sê Richard.
Die oplossing wat Lindsay aanbied is rusperbandwiele, bekend as
NFTrax, wat in 2015 ’n SIMA-innovasietoekenning in Parys losgeslaan het.

Die NFTrax trap stewig vas en los ’n vlak spoor wat slootspoel en erosie met tot 30% verminder.