Lewenslank ’n Valley-man

Valley
Lekker knus teen die Riviersonderend aan die voet van die Riviersonderendberge in die Overberg naby Greyton lê die plaas, Vrede.
Vrede was eers ’n melkplaas wat sy eie weiding moes produseer en dit het vir Nico Human, eienaar en boer, genoop om 30 jaar gelede sy eerste Valley-spilpunt aan te skaf. Mettertyd het hy van sy beeste afstand gedoen en begin om ’n verskeidenheid groente soos broccoli, blomkool en uie, en later, soos die omstandighede verander het, mielies en koring, onder sy spilpunte te verbou.
Hy het onlangs met groot sukses ‘n wisselboustelsel met lupiene begin volg, veral om sy grond te herstel. Die nuttigheid en sekerheid wat doeltreffende besproeiing vir die boer meebring, het Nico oortuig om deur die loop van jare nog vier spilpunte aan te koop en Valley se betroubaarheid, duursaamheid en diens het dit onnodig gemaak om lank te wonder – al vier die nuwes is natuurlik ook Valley.
Nico se twee seuns, Kobus en Derik, boer vandag saam met hom op die plaas en die driestuks is dit eens dat Valley ‘n deurslaggewende rol in hulle boerdery speel. Veral in die droë maande vanaf November steun hulle swaar op hulle spilpunte.

Behalwe vir die moderner sproeikoppe vir beter waterverspreiding en die waterpype wat twee keer vervang moes word, loop Nico Human se veteraan-spilpunt na 30 jaar nog soos ’n flink soldaat en laat sy koring soos ‘n tafel lyk.
Hulle pomp water regstreeks uit die Riviersonderendrivier wat uit die Theewaterskloofdam voed. Hulle het vir elke spilpunt sy eie pomp in die rivier. In die winter het hulle genoeg water, maar van die eerste November afkry hulle watergebruikreg en dan begin die spilpunte volstoom loop.
“Ons plant in die ses somermaande mielies en in Mei plant ons koring. Ons moet druk om betyds te stroop en weer te plant,” sê Nico.
Daar loop ‘n paar spruite en diep klowe deur Vrede, maar al vyf spilpunte loop in volle sirkels vir die optimale gebruiksvoordeel, want dit maak nie saak hoe sleg die terrein lyk nie, ’n Valley is gebou om op en af deur valleie te loop.
Alhoewel Nico nie van die sekerheidstoerusting aan sy spilpunte het nie, bied Valley voldoende beskerming van kabels vir die boere wat nader aan die dorpe bly, waar diefstal ’n al groter probleem vir die boere raak. Maar vir beskerming teen die elemente is elke kritieke komponent op ’n Valley versink.

‘n Valley-spilpunt is gemaak om moeiteloos deur slote en strome, en teen steil bulte op en af te loop.
“Valley was die eerste spilpuntmaatskappy in ons streek en ons plaaslike koöperasie, Overberg Agri, is hulle agentskap. Ons eerste spilpunt gedra hom steeds baie goed, gegewe dat ons getrou onderhoud gedoen het. Die onderhoud is baie maklik en dit is basies net die olie wat tydig vervang moet word. Na twintig jaar het ek die ratkaste laat nagaan en die pype is twee keer oorgedoen, want ons water het ’n sterk verwerende invloed. Vêrder loop hy soos ’n dertig jaar gelede geloop het. Hierdie is voorwaar geen-nonsens spilpunte,” sê hy.
Vrede se jongste spilpunt is twee jaar oud en is, soos die ander jongste drie, met poliprop-pype uitgevoer wat maklik vervang kan word en vir twintig jaar gewaarborg is.
Kobus en Derik is gemoeid met die fyner bestuur van die spilpunte. “Die eerste spilpunt moes jy nog met die hand gaan aanskakel, maar vandag is almal met radiobeheer toegerus wat aanskakel sodra die pompe begin loop. “Die jongste twee het selfs kabels tussen tussen die skuur en die skakelkas by die toring vir ekstra funksies om die neerslag en spoed te stel,” sê Derik.
Vrede het vier spilpunte met vyf torings elk en een met vier torings. Nico vertel met trots dat die Noordwestewinde wat in die herfs ernstig kan pla nog nie daarin kon slaag om een van hulle spilpunte om te waai nie.
Vir ‘n lewenslange spilpuntbelegging, stuur gerus vir Gert van der Werff ’n e-pos na gert.vanderwerff@valleyirrigation.co.za of besoek Valley se webwerf by www.valley-za.com.